Liggaam van tiener in dam gevind

Argieffoto

Die liggaam van ʼn tiener is Dinsdag in die Welbedachtdam digby Wepener in die Vrystaat gevind.

Werkers by die dam het die middag die liggaam op die water sien dryf en die polisie dadelik ontbied. By die polisie se aankoms op die toneel is ontdek dat die liggaam al ʼn paar weke in die water is.

Dié tiener is tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar het glo geen klere aangehad nie.

Die identiteit asook die oorsaak van die tiener se dood is in dié stadium nog onbekend.

ʼn Dossier is geopen met die oog op ʼn nadoodse ondersoek.

Polisie in Wepener versoek die gemeenskap om te help om die vermiste tiener se familie op te spoor. Enigiemand wat inligting het, kan die Wepener-polisie by 051 583 5219 bel of sers. Ntuli by 082 301 6347.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Gee ‘n oordentlike beskrywing van die tiener. Is dit wit, swart, manlik, vroulik of is dit staatsgeheim? Ander lande word dit dadelik genoem, maar ons moet mos polities korek wees!

Cathy

Stem Anel