Liggaam van tienermeisie by stortingsterrein aangetref

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Jana Oosthuizen / The Bulletin)

’n Volwasse man verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Swellendam in die Wes-Kaap in verband met die onlangse moord op ’n tienermeisie van Barrydale.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ’n 14-jarige meisie is Saterdag as vermis aangemeld waarna haar liggaam later die dag by ’n stortingsterrein aangetref is.

Luidens inligting wat aan Maroela Media verskaf is, is die stortingsterrein naby Barrydale, sowat 46 km van Swellendam af.

Volgens Rwexana is ’n 37-jarige man kort daarna in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die omstandighede rakende die moord word in dié stadium nog ondersoek, het Rwexana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mieke ·

Ag die arme kind! – sy het nie daarvoor gevra nie. Maar sy is gebruik en eenkant toe gegooi soos ‘n wegdoenbare item. Ek huil. My innigste simpatie aan die ouers. Hierdie land is verby siek!

JohanR ·

En soe eindig jou lewe in die nuwe reenboog nasie Suid Afrika……op ‘n vullis hoop! Die ou sal nou sommer soe lag lag R1000 borg kry, dan loop hy rond vir twee jaar, voordat die saak tot ‘n punt kom en hy word gevonnis. Na 26 jaar weet ons almal hoe die werk. Jacob Zuma has got it down to an art form!

Kokerboom ·

My hart huil oor ‘n siek verrotte land. Die regering is die siekte en die regstelsel het ons gefaal

pokkel ·

as jy ‘n misdaad pleeg verbeur jy sekere regte as straf, soos vryheid, so as jy moor, is dit nie dan gepas dat jy die reg om te lewe verbeur?

marius ·

Die kinders van die land word vernietig , met die duidelike goedkeuring van diegene in beheer . Daar is geen afskrikking nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.