Liggaam van tienermeisie in Philippi gevind

Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. (Foto: ANA)

Die naakte liggaam van ’n 17-jarige meisie, Amahle Quku, is Saterdag omstreeks 07:00 in Albert Luthuli-straat in Philippi in Kaapstad gevind. ’n Man in sy 20’s is die afgelope naweek in verband met Quku se dood in hegtenis geneem.

Albert Fritz, minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, sê die oorsaak van Quku se dood word nog deur die Nyanga-polisiestasie ondersoek.

Fritz sê Quku se moord is wreed en sinneloos. Hy doen ’n beroep op die polisie om alle leidrade op te volg om seker te maak die skuldige word vasgetrek.

Inwoners van Philippi het die strate ingevaar in optog teen die tienermeisie se moord (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die inwoners van Philippi het Sondag die strate ingevaar in protes teen die moord op Quku. Die moord het ’n herrie op sosiale media veroorsaak. Dít te midde van pres. Cyril Ramaphosa se beroep op Suid-Afrikaners verlede week om die kultuur van stilte rakende geslagsgebaseerde geweld in die land hok te slaan.

Fritz het die geslagsgebaseerde geweld wat die afgelope paar weke meer gereeld in die Wes-Kaap aangemeld is, ten sterkste veroordeel. Hy sê hulle beoog om programme van stapel te stuur om bewustheid van geslagsgebaseerde geweld te skep en ook te bekamp.

Fritz het sy medelye met Quku se familie betuig. Hy het ook deur die departement van maatskaplike ontwikkeling sielkundige en maatskaplike dienste vir die familie gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blikke

Geslagsgebaseerde geweld moet verseker veroordeel word dis net ongelooflik dat daar net mooi niks gesè word oor die vlaag moorde wat plase in diè tyd beleef nie. Dis skokkend hoe dit nie as n prioriteit aangespreek word nie.

Magda

Die R1.3milj wat aan Taxi’s toegeken word – kan eerder gekenk word aan Gemeenskapsveiligheid en ook Plaas moorde. Die Taxi vereniging DRA NIKS by tot die Ekonomie nie, maar hulle kry die meeste Rampstoelae uitbetaling – Ramaphosa waar le jou en die mense onder jou se Prioroteite – Dis hoekom ek dink dat daar baie Politieke leiers is wat Taxi Eienaars is, en daarom die GROOT bedrag wat aan hulle toegeken word – Dis tyd dat julle begin om NA die mense te kyk wat julle in daai stoele geplaas het, – PRAAT HELP NIKS MEER NIE – ONS SOEK… Lees meer »

Michael 1

Hulle sit met die wit olifant Roben eiland op hulle voorstoep ,stuur die klomp kriminele soontoe wat geen respek het vir n ander se lewe nie.

Willem

Robbeneiland is nou historiese monument. Wil jul hê hul moet dit ook afbreuk

Kokerboom

Die sosio-ekonomiese verval in RSA is ‘n monster waaroor die ANC regering GEEN beheer het asook GEEN plan het om dit te bekamp. Dis ‘n aanrollende tsjoenami , baie erger in omvang as Covid-19,wat die land gaan verswelg. Ons moet bang wees…baie bang!Dit kan opgelos word maar NIE deur die huidige regering!