Liggaam van vermiste bejaarde opgespoor

Karl Reich (82). (Foto: Facebook)

Twee mans is Vrydag deur die Valke in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op die 82-jarige Karl Reich wat in September verlede jaar uit dié dorp verdwyn het.

Die arrestasies het intussen daartoe gelei dat een van die mans aan die Valke uitgewys het waar Reich se liggaam destyds gelos is en die liggaam kon opgespoor word waar dit reeds maande gelede deur die staat begrawe is. Die liggaam kon nou eers met Reich se verdwyning verbind word, het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, aan Maroela Media verduidelik.

Reich is verlede jaar as vermis aangemeld nadat hy op 24 September spoorloos verdwyn het. Bure het destyds ondersoek ingestel toe Reich se motorhek oopgestaan het. Twee van sy motors is ook op beeldmateriaal van veiligheidskameras by ʼn vulstasie naby Reich se huis opgemerk waarna sy familie hom as vermis aangemeld het. Beeldmateriaal van kameras by die tolhekke tussen Kroonstad en Johannesburg het egter niks opgelewer nie en hy was sedertdien soek.

Die ondersoek is in Mei vanjaar aan die Valke oorhandig wat tot die inhegtenisneming van Thanki  Motseki (27) en Mojalefa Tseki (34) gister gelei het. Dit het daarna aan die lig gekom dat dié twee Reich destyds na bewering verwurg het waarna hulle met twee televisiestelle, kruideniersware en Reich se liggaam in die kattebak van een van die twee gesteelde motors na Pretoria gevlug het.

Daar het hulle Reich se liggaam na bewering langs die snelweg gelos. Die liggaam is reeds die dag na die moord op 25 September gevind, maar is nooit geïdentifiseer nie en is dus deur die staat begrawe.

Volgens Steyn sal Reich se liggaam volgende week opgegrawe word en aan sy familie besorg word.

Die twee verdagtes sal op 18 Junie in die Welkom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Linda Merwe ·

En so ellendig oneffektief is ons forensiese en polisie stelsels/sisteme dat hierdie familie so lank moes wroeg voordat antwoorde gegee kon wod.

Jan ·

Maar dis mos wat julle wou gehad het ou afrikanerkies….julle kan en l mos nie saamstaan nie…

thinus erasmus ·

Die “sukses” van die ondersoek is eintlik ń onsaglike verleentheid vir die SAPD. Sou my so skaam!

Johann Swart ·

“Die liggaam kon tot EN MET nou…”
Asseblief! Julle taal.

Cherokee ·

Wat is verkeerd met ’tot en met’ Johann? Dit is absoluut algemene gebruikstaal en klink baie beskrywend. Stel ‘n alternatief asseblief. Tot nou toe? Aikôna, taal soos geskryf makeer niks.

Strand looper ·

Asseblief mense dit is n tragedie en nie taal onderig nie. Sterkte aan die families.

Barry ·

Ek het n kleintjie dood aan die taal puriste.Hulle is eenvoudig net te armsalig om te besef n taal word gepraat om dit te geniet om te praat as ek wil praat van n clutch dan sal ek en geen Johan en sy puriste vriende gaan my voorse nie
Gaan gee klas as jy n puris wil wees en buitendien hoeveel keer in jou spreektaal maak jy nie foute nie
Om te se die polisie is swak is om dit lig te stel
Ek het net simpatie vir die familie en die oorledene se VA is tog by binnelandse sake waarom kon dit nie daar vergelyk word en ook op die Bestuurderslisensie.
Dis waarom die land ten gronde gaan geen doeltreffendheid nie

HM ·

Sterkte aan die familie. Nou kan julle hom met waardigheid begrawe. Hierdie man se verdwyning, fotos was op media en niemand kon hom identifiseer nie? Dit is n taai toffie.

Hartseer ·

Ek verstaan nie het die staat nie laas jaar geadverteer dat hulle n onbekende liggaam gevind het nie en dat iemand na vore moet kom nie? So tragies en so on nodig. Waar gaan alles eindig. RIV

Jan ·

Die staat voel vere pu maat….maar dis mos die tipe regering aat julle wou gehad het…julle kan en wil mos nie saamstaan nie…

Liberaal ·

Blameer linkses wat moordenaars se regte harder beskerm as die publiek se regte. Links liberale waardes is niks anders as n moordplaag op n land nie.

Jeremia ·

Wonder of die uiters slim regstelsel en diegene waarvoor hulle werk, sal uitredeneer dat mo- voor die een se van in hierdie geval klaarblyklik net bygegevoeg is. Of het die ander trawant ney verskriklik toevallig sy mo- voor sy van toententaal vergeet
Gewoonlik word die mo- bloot in Sotho gebruik om die enkelvoud in die sogenaamde mensklas aan te dui bv mosadi (ekv.) > basadi (mv.)
Dus – om verder te verduidelik – is daar wesenlik hoegenaamd geen verskil tussen die twee se vanne nie.
Dalk sal ons oor ‘n paar jaar die ware identiteit en verwantskap tussen hulle vasstel.
Miskien eendag, want dit gaan mos maar trapsuutjie stadig.

Desire ·

Geen vingerafdrukke of DNA geneem, geen lykskouing wat kon aantoon dit was n onnatuurlike dood en daarom moet die polisie dit eers ondersoek, dan sou forensiese data alles met mekaar kon verbind. Ek hoop hierdie saak word verder geneem om te bepaal wie die persone was wat doodeenvoudig nie hulle werk na behore gedoen het.

Lizzy ·

So hartseer, so onnodig . Rus in vrede Oom Karl ????. Sterkte aan die familie, baie hartseer. Afsluiting na amper nege maande se soek en hoop.

Lizzy ·

So hartseer, so onnodig . Rus in vrede Oom Karl. Sterkte aan die familie, baie hartseer. Afsluiting na amper nege maande se soek en hoop.

Amor ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe die gereg nie 2 en 2 kon bymekaarsit of selfs net die moontlikheid kon oorweeg dat die John Doe dalk die vermiste Oom kon wees nie. Maande lank het die familie bly hoop, net om wreed met die realiteit geslaan te word. Ek is jammer vir julle verlies. Ons almal het saam julle gebid vir ‘n gelukkige uitkoms.

Oujongvrou ·

Stomme mense wat tot nou moes wag. Het die polisie dan nie n databasis van vermiste persone nie. Regtig. Dis nie eers 3de wereld nie, dis SA.

Nienie ·

Die polisie kon net sy vingerafdrukke geneem het. Elkeen wat n ID besit, se vingerafdrukke is by Binnelandse Sake. So kon hy geidentifiseer gewees het en kon so as n vermiste persoon opgespoor word. Dit was oral in d media dat hy vermis is. So jammer vir d familie. Dis net n genade om soggens d lewenslig te aanskou.

Koos ·

Uhm SA is inderdaad ‘n derde wêreld land. Gaan lees bietjie.

Jan ·

Ja nee nou begin al meer ou afrikanerkies biekie wakker word ne…

Boerin ·

Ek stem saam Francois….ons sit gelate elke dag…die een berig erger as die vorige….dink jy ver een oomblik enige witte of groep wittes sou hierdie misdaad kon pleeg en wegkom? Nooit in jou lewe nie, die land sou in absolute chaos gedompel wees…maar tog sit ons elke dag en spreek skok uit teenoor mekaar en wens sterkte toe…tot more se drie of vier berigte van moord en verkragting deurkom…absoluut tragies!

Jan ·

Ja nee een goeie ding wat hier uitkom is dat meer en meer afrikanerkies nou begin wakker word en daai ou oogklappies nou begin afval en mense sien die brutale werklikheid van kommunisme..

jaco ·

die oorledene was dood. so waarom nou omgee om sy naasbestaandes te vind? Staat is seker in elk geval bly dat hy dood is. dis immers een “wit problem” minder.

Toy ·

Te veel wette wat misdadigers beskerm . As misdadigers aan die publiek oorhandig word sal mense misdaad op so ‘n wyse laat afneem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.