Liggaam van vermiste kind gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van een van die drie kinders wat vroeër die week in Pretoria vermis geraak het, is Saterdag gevind.

Blessing Manale, woordvoerder van die stad, sê die seun se liggaam is Saterdagoggend onder ʼn boom in Mamelodi, noordoos van Pretoria, gevind. Hy sê die soektog na die ander twee vermiste seuns duur voort. Manale sê die soektog is nou makliker aangesien watervlakke aansienlik afgeneem het na hewige reënval vroeër die week. Die drie seuns, Neo Setlhabane (10), Gomolemo Mangena (10) en Bonolo Malemela (9) is Maandagaand as vermis aangemeld.

Daar is vroeër berig dat die seuns Maandag laas na skool gesien is. Die kinders het naby ʼn kerk in die omgewing gespeel. ʼn Stormwaterpyp loop langs die kerkgebou af tot by ʼn nabygeleë rivier. Daar word vermoed dat hulle dalk deur vloedwater meegesleur is en in die rivier beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.