Liggaam van vermiste man gevind

Sydney Cooper. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van die vermiste Sydney Cooper is Vrydag in ʼn gastehuis in Bloemfontein gevind.

“Die Parkweg-polisiestasie het ʼn oproep van ʼn gastehuis ontvang nadat die gastehuis ʼn liggaam in een van hul eenhede aangetref het,” het die polisie Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“ʼn Span is gestuur om die saak te ondersoek. Die liggaam van ʼn wit man is gevind, waarop die vermiste Sydney Cooper se suster gekontak is om die liggaam uit te ken. Die liggaam is toe geïdentifiseer as dié van haar broer Sydney Cooper,” het polisie gesê.

Maroela Media het vroeër berig Sydney Cooper is Dinsdag die laaste keer in sy wit Suzuki Swift gesien. Sy suster het hom as vermis aangemeld.

Die polisie het ʼn dossier oopgemaak om die oorsaak van Cooper se dood te ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Barrie ·

Enige een wat street wise is weet wat het hier gebeur, nogtans moord is nie nodig nie

Kokkie ·

Kom ek sê nou vir julle: as hier nou berig is dat ‘die liggaam van ‘n swart man’ gevind is, was daar pêre. Menseregtekommissie, BLM, instituut vir dit en vir dat, en noem maar op. Maar as daar oor moorddadige plaasaanvallers berig word, mag die ras nie vermeld word nie. Dubbele standaarde. “

Botterblommetjie ·

Ek het hom kort geken. Was vir sessies. Hy was baie baie depressief, sy dogter oorlede. Hy my vertel dat sy x hom verwyd het vir haar dood want hy het haar aangemoedig om voluit te leef. My eerste afspraak het hy gemis weens die begrafnis.
Maart 2020, Hy het vreeslik verskoning gevra. Ek moes hom ook eenmaal na n sessie gaan aflaai in Lhp, want sy Mercedes het probleme gegee. Tydens sessies was hy verstooid, ek wou spesifieke tipe behandeling hê, dat hy skoon vergeet het om dit te doen. Hy het vreeslik gebewe. Vir my videos gegee en gesê ek moet dit gaan kyk. Ek het besef die man is depressief en sy gedagtes nie by sy werk nie. Ek het hom baie jammer gekry en nie opvolg afspraak gemaak nie. Ek persoonlik wonder of die lewe nie te veel geraak het nie. Mag sy siel rus hê in Pappa Vader se hande…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.