Liggaam van vermiste meisie (3) moontlik gevind

Courtney Pieters (Foto: The Pink Ladies)

Lede van die Wes-Kaapse polisie en talle gemeenskapsvrywilligers van Elsiesrivier het Saterdagmiddag die liggaam van ʼn jong meisie in ʼn vlak graf in die Epping-omgewing gevind.

Honderde vrywilligers soek al langer as ʼn week na die vermiste driejarige Courtney Pieters wat in die eerste week van Mei naby haar huis in Salberau vermis geraak het.

Juanita Pieters, Courtney se ma, het haar vroeër tot sosiale media gewend in ʼn poging om haar dogtertjie weer veilig tuis te kry.

Volgens verskeie bronne het Pieters talle boodskappe van ʼn vreemde nommer ontvang wat geld vra in ruil vir inligting oor haar dogter.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die liggaam van ʼn jong meisie is Saterdag opgespoor. Hy kon egter nie die bewerings oor die boodskappe bevestig nie.

Van Wyk sê dit is dié stadium nie beslis so dat dit wel Courtney se liggaam is nie.

SAPD-misdaadtoneelkundiges en ʼn forensiese patoloog was Saterdag saam op die toneel, waarna haar liggaam na die lykshuis geneem is om haar identiteit vas te stel.

Van Wyk sê hoewel lede van die gemeenskap weier om op te hou soek, sal alle prosesse weer hervat word ná die uitslae van die DNS-toetse bekendgemaak is.

Enigiemand met enige inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, speurkaptein Taylor, te kontak by 082 522 1090.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Joey ·

Ons woon in ñ SIEK land met soveel siek mense. Wat het hierdie onskuldige kind gedoen om vermoor te word. RIP Courtney. Tannie is jammer dat iemand dit aan jou gedoen het. Dat daar nie ñ volwasse was om jou te beskerm teen hierdie duiwel nie. Geniet jou engelmaatjies .

CHRISTA ·

Selfs ons Liewe HERE het gesê dis beter vir so ‘n mens dat ‘n meulsteen om sy nek gehang word en hy in die diepste waters gewerp word!!! Gaan lees dit maar . . .

oumie ·

O nee hoe seer moet daai moederhart vandag nie wees nie ek kan sê ek hoop dit is nie haar ligaam nie maar wat is die kans ek huil ek is kwaad ek sal daai persoon met my hande verskeur maar dit is net ek wat uit my moederhart dink mamma mag God jou styf vashou en kleine engelkind RIV

Kwaaitjie ·

Selfs al is die nie haar liggaampie nie, is dit dan steeds ‘n ander mamma se kind. My hart gaan uit na die mamma wat haar kindjie verloor het. Dis onverstaanbaar wreed.
?

maryka ·

Dis hartseer verby. Kan nie my indink dat enige mens ‘n ander persoon leed wil aandoen nie. Veral kindertjies, oumense en diere nie. Ons kan net bid vir sulke mense. Sorry kleine mensie

Nita ·

Siende dat almal weet ons leef tussen n klomp wrede hienas, wat soek n 3jarige kind alleen op n hoek van strate?

Kwaaitjie ·

Ons kan nie oordeel nie. Sy was heel waarskynlik gewoond aan daar rond speel.

Spook ·

Hartseer dat ons kinders nie meer op straat hoeke en parkies kan speel nie… Ek het n gebarste pyp on die straat gesien… In doe ou dae sou kinders nie twee keer gedink het om daar te speel nie… Daar was niks… Geen kind in sig nie. Baie wreed
… Ek is jammer klein mensie.

Ai ·

Ander nuus webtuistes se haar ouers het konfirmasie gegee dat dit haar liggaam was. Dis so tragies, hoop sy rus in vrede nou en hoop hulle vang die siek persoon wat haar lewe geneem het.

Bianca ·

Ek is deesdae skepties as ek lees van kinders wat ontvoer word …. klink vir my te veel na wat in Durban gebeur het.

Bianca ·

Ons kan ook maar net wonder of ons regtig in vandag se tyd nog ons kinders onder ons oe kan laat uitgaan in ons eie erwe, wat nog van buite in die straat… ek verstaan dit glad nie. En dan moet dit iemand wees wat hulle ken want waar sou iemand random die ma se nommer gekry het…. ai tog

Komaan ANC ·

KOMAAN die regering moet iets begin doen . die arme publiek en indiwidue kan nie meer alleen die mas opkom nie .. JULLE Is veronderstel om julle landsburgers veilig te hou .. hoekom so traag? Ons weet julle gee nie om oor die dood van ‘n plaasboer of ou tannie in ‘n rolstoel nie, julle sit dit en uitlag en maak dit af as roof terwyl julle WEET wat dit regtig is .. maar as ‘n onskuldige bruin of swart kind vermoor word … GAAN DIT JULLE NOU WAKKERMAAK??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.