Liggaam van vermiste sewejarige gevind

(Foto ter illustrasie: Pixabay)

’n 25-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat die liggaam van ’n sewejarige meisie die afgelope naweek in ʼn koringland naby HaNchabeng in QwaQwa in die Oos-Vrystaat gevind is.

Die meisie is Saterdag vir die laaste keer lewend gesien toe sy saam met ’n maat van dieselfde ouderdom in die Tiholong-nedersetting naby Kestell gestap het.

Die maat het later aan die polisie verduidelik dat ’n man die meisie R5 aangebied het om saam met hom te stap.

Die meisie het egter nooit huis toe gekeer nie.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is die verdagte naby die plek waar die meisie se lyk gevind is, aangekeer.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie aangesien ’n nadoodse ondersoek eers gedoen moet word.

“Die verdagte sal binnekort formeel aangekla word,” het Makhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Richard ·

Ek sal nooit kan begryp hoe iemand so ‘n monster kan wees nie. Wat maak dat iemand so ‘n monster is?

pieter ·

Hartseer , ongelukkig gaan omstandighede hier nie verbeter nie , sterkte

Claudette ·

En sy is defnitief verkrag….jy lees elke dag daarvan. Kyk na julle kinders. Leer hulle van die wêreld en sy gevare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.