Liggaam van vermiste velddrawwer gekry

(Argieffoto: Camille Couvez/Unsplash)

Die liggaam van ʼn velddrawwer is Maandag in bosse langs ʼn paadjie gevind nadat sy die vorige dag tydens ʼn veldwedloop by die Aloe-wildlewelandgoed in Ashburton, KwaZulu-Natal, vermis geraak het.

Die 41-jarige vrou het nooit die eindstreep oorgesteek nie en ná die byeenkoms het haar motor verlate op die perseel agtergebly.

KZN Trail Running het op sy Facebook-blad gesê veiligheidsprotokol is ná die vrou se verdwyning dadelik in werking gestel en daar is met ʼn uitgebreide soektog na haar begin. Die polisie se hulp is ook ingeroep en lede van die berede eenheid, die honde-eenheid en lugvleuel het aan die soektog deelgeneem.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê die soek-en-reddingspan het die vrou se liggaam Maandagmiddag gevind. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die organiseerders het in ʼn boodskap op Facebook gesê die vrou se dood het hulle platgeslaan en hulle het hul medelye betuig met haar familie en vriende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tragies ·

So voorkombaar en onnodig tragies en jammer; was sy ingeskryf en deel van die wedloop, HOE organiseer en reguleer of monitor en beheer (verantwoordelikes) die byeenkoms, en die deelnemers.? Gevolg spreek donker boekdele.

Lana ·

Tragies, ons weet nie wat haar dood veroorsaak het nie. Hoe weet jy dit was voorkombaar? Wedloop-beamptes is ook nie alomteenwoordig nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.