Liggaam van vermiste visserman opgespoor

(Argieffoto) Foto: NSRI Houtbaai, NSRI Facebook

(Argieffoto) Foto: NSRI Houtbaai, NSRI Facebook

ʼn Man wat verdwyn het toe ʼn vissersboot naby Gordonsbaai omgeslaan het, se liggaam is Sondag gevind, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Maroela Media het vroeër berig die boot het Saterdagaand tydens stormsterkte winde omgeslaan. Drie van die vissermanne het aan die omgeslane boot gehang en aan een van die vissermanne se liggame vasgehou. Die oorlewendes het later gesê hulle vermoed die vyfde man het van die omgeslane boot af weggedryf.

“ʼn Privaat boot het Sondag die omgeslane boot naby Macassar in Valsbaai opgemerk en die soekparty na die ligging gelei,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Reddingswemmers van die NSRI is ontplooi om onder die boot te soek en die liggaam van die vermiste man was in die vislyne vasgevang.”

Die mans, almal van Strand, was hegte vriende. Die polisie het traumaberading aan die vissermanne en familielede verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.