Liggaam van vermiste vrou opgegrawe

Die graf waar die vrou opgegrawe is (Foto: SAPD)

Die polisie het die liggaam van ’n 31-jarige vrou Donderdagoggend in ’n vlak graf in Kimberley in die Noord-Kaap opgegrawe. Die graf was agter ’n sinkhuis in die Ivory Park- informele nedersetting in Roodepan. Die liggaam was reeds erg ontbind.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is op 7 Junie as vermis aangemeld en word sedertdien deur die polisie gesoek.

Tawana sê ’n 39-jarige man wat glo die vrou se vriend was, is Donderdagoggend in verband met die vrou se dood in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting eersdaags in Kimberley se landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, die provinsiale polisiekommissaris van die Noord-Kaap, het hierdie soort geweld teen vroue ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

netek ·

Ek word so kwaad vir die woord “ten sterkste veroordeel” Wat help dit as jy als TEN STERKSTE VEROORDEEL. Dit help niks, doen iets konstruktiefs. Vang die mense en stuur hul tronk toe, dan sal dit miskien beter gaan. Maar om net elke iets te veroordeel maak die wêreld definitief nie `n beter plek nie

Cherokee ·

Ek wens ek kon jou 10 duimoppe gee vir jou kommentaar. Dit was wat ek aan gedink het toe ek die kommentaarblad oopmaak. Daardie is ‘n rympie soos wat kommentators dikwels agtermekaar aan opdis. Ek dink dit is ‘n berigskrywersrympie wat elke soortgelyke berig mee afgesluit word, sonder dat dit werklik gesê is.

Leon ·

En dan besoek die minister altyd die familie met groot fanfare en kameras. Maak allerhande uitsprake en beloftes wat niks van kom nie. More is daar weer n moord.

Elize ·

Ek sê weer MM. Hulle slaap baie lekker want die gewete is weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.