Liggaam van vermoorde man in PE gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn man, wie se kop in kleefplastiek toegedraai en sy voete en hande met nylon vasgebind is, is Donderdag in Fairview in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gevind.

Ao Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het die liggaam van ʼn man in die bosse langs die pad opgemerk. Die man is vermoedelik tussen 55 en 60 jaar oud. “Hy is gewelddadig vermoor. Albei sy hande en voete is met ʼn nylontou vasgebind en sy kop is met kleefplastiek bedek. Hy is gewelddadig aangerand,” het Labans verduidelik.

Die polisie vermoed die man se liggaam is deur die loop van Woensdagaand of Donderdagoggend in die bosse gestort.

Die motief en omstandighede rondom die moord word ondersoek.

Die man se naam word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sue ·

Ohhh genade, ek wil my nie eers so iets indink nie. Hoe wreder die nasies kan moor, hoe meer genot put hul daaruit. Mens mag net bid dat “die” beker by jouself verby hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.