Liggaam van vrou in Limpopo-dam gevind

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die liggaam van ʼn 20-jarige vrou wat in Nandoni-dam in Thohoyandou in Limpopo verdrink het, is Sondag gevind toe dit na die oppervlak gedryf het.

Rolivhuwa Mbedzi het Woensdag in die dam geval toe sy saam met vriende op ʼn boot gery het, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. Lede van die soek- en reddingspan, lede van die gemeenskap en die honde-eenheid het intussen tevergeefs na haar gesoek.

Haar liggaam het Sondagoggend na die oppervlak gedryf.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Sy sou waarskynlik Woensdag al uitgehaal gewees het as die SAPD Duikspan op die toneel was.

Hennie ·

Wonder wat is die grap dat van die lede wat die lyk dra so lag. Geen respek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.