Liggaam van vrou in meer gevind

Die liggaam van ‘n vrou is in ‘n meer gevind (Foto: Pixabay)

Die liggaam van ’n vrou is Donderdagoggend in die Varsvlei-meer by Bethelsdorp in die Oos-Kaap gevind.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ’n pastoor omstreeks 09:15 die oggend by die swembad in die West End-woonbuurt gaan bid toe hy iets tussen die riete in die meer gesien het. Hy het aanvanklik gedink dit is ’n boks. Toe hy nader gaan, het hy die liggaam van die vrou in die water gewaar.

Die vrou se hande en voete was vasgebind. ’n Handdoek was om haar kop gedraai. Sy het ook glo ’n trouring aan haar vinger gehad.

Die polisie se honde-eenheid en reddingswerkers van Port Elizabeth het die vrou se liggaam uit die water gehaal.

Naidu sê geen sigbare beserings is tydens die nadoodse ondersoek gevind nie. Die oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek wel ’n saak van moord.

Die polisie in Bethelsdorp is dringend op soek na die familie van die oorledene.

Enigiemand wat inligting het oor die vermiste vrou of haar familie kan kapt. Kobus Williams by 082 825 2357 bel of die polisie in Bethelsdorp by 041 404 3005.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

‘Die polisie ondersoek ‘wel’ ‘n saak van moord. Haar hande en voete vasgebind en … die polisie ondersoek ‘wel’ ‘n saak van moord (al is daar geen sigbare beserings nie). Jimmel, hoe dink mense. So asof daar ‘n ander moontlikheid bestaan.

Z ·

Ras?
Haarkleur?
Watter klere het sy aan gehad?
Dan kan SAPD miskien vinniger vorder met die ondersoek.
Ai tog! So jammer.

Inwoner ·

@Z, volgens die nuusblaaie hier by ons (Port Elizabeth), is die “naakte liggaam van ‘n vrou gevind in die rivier.”
Die area waar haar lyk gekry is, is ook ‘n bekende kleurling gemeenskap.

Anoniem ·

Wat ‘n verskriklike dood om te sterf. Niemand verdien om vermoor te word en so aan jou einde te kom nie. Ai! So jammer vir haar naasbestaandes, kinders…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.