Liggaamsdele in kerk: Hof afgebrand

Argieffoto

Argieffoto

Die Ncotshane-landdroshof in Pongola, KwaZulu-Natal is deur gemeenskapslede afgebrand.

Dit kom na 15 mense vroeër in hegtenis geneem is oor ‘n kerkgebou wat aan die brand gesteek is nadat die liggaamsdele van ‘n driejarige seun in ‘n kerk in die area gevind is.

“Daar word vermoed dat ‘n petrolbom gebruik is,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vermoede is dat die hof deur woedende gemeenskapslede aan die brand gesteek is rakende die arrestasie van 15 mense vir openbare geweld.”

Zwane sê die hof is omstreeks 19:00 Woensdagaand aan die brand gesteek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting.

‘n Pastoor (51) is vroeër in hegtenis geneem nadat die driejarige kind se liggaamsdele in ‘n kerk in Ncotshane gevind is.

Lees ook:
Pastoor vas oor liggaamsdele in kerk
Kind se liggaamsdele in kerk opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.