Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Mecklenburg in Limpopo gebeur.
“Carol Motene (24) se liggaam is Saterdagoggend voor haar huis aangetref. Sy het ʼn koeëlwond in haar voorkop gehad en haar neus, lippe en geslagsdele was verwyder,” het Otto gesê. “Die liggaamsdele is langs haar liggaam aangetref.”
Volgens Otto is ʼn 28-jarige man wat glo voorheen met Motene in ʼn verhouding was later in hegtenis geneem. Hy sal hierdie week in die hof verskyn.
Die motief vir die moord sal deel vorm van die ondersoek, het Otto gesê.
Motief vir die moord ? M.a.w. beweegrede vir die moord ? Dit kan mos nie wees vir enige normale mens. Hy moet totaal van die duiwel besete wees.
Jy’s reg Peet. Hy gaan bietjie langer as Pistoors sit en ook weer vrygelaat word.
Kan Oscar nie nou maar in vrede gelaat word nie.
WAT de hel het Pstoors hiermee te doen? Wat prober jy sê “Dave”?
Kan Oscar nie nou maar in vrede gelaat word nie.
Ag ja asseblief – laat Oscar met rus. Siek storie dié!