Liggame gekry toe brandweer man uit hyserskag red

Die liggame is gevind nadat die brandweer ontbied is oor ‘n kwansuise brand in die gebou. (Foto: Tshwane-nooddienste)

Die Tshwane-nooddiens het twee ontbinde liggame aangetref nadat hulle aanvanklik ontbied is na ʼn geboubrand in die Pretoriase middestad. Die oproep is Dinsdag ontvang oor ʼn gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat wat glo aan die brand was.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddiens, sê nooddienswerkers het die noodoproep omstreeks 04:30 gekry.

“Met hul aankoms op die toneel het brandbestryders gevind dat die gebou nie aan die brand was nie, maar daar was ʼn man wat deur ʼn hysbakskag tot in die kelder van die gebou geval het,” het Mabaso gesê.

Die polisie het nooddienswerkers gevra om die perseel te belig en te help om toegang tot die slagoffer te bewerkstellig. Hulle het ʼn opening deur ʼn kelderdeur gesny en ʼn trapleer is gebruik om tot by die beseerde slagoffer te kom.

Die man is na veiligheid gebring, op die toneel behandel en in ʼn bestendige toestand na ʼn hospitaal geneem.

“By verdere ondersoek van die toneel het brandbestryders twee ontbinde liggame ontdek wat in ʼn hysbakskag in die water gedryf het. Die polisie het dit tot misdaadtoneel verklaar, maar nooddienswerkers het op die toneel gebly om met die herwinning van die liggame te help,” het Mabaso gesê.

Die oorsaak van die twee slagoffers se dood word ondersoek, asook die omstandighede waaronder die beseerde man in die hysbakskag beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

africangrey ·

As ek mag vra, hoe beland n mens dan so in die moeilikheid?

koos10 ·

‘n DOW gebou wat ontruim is nadat dit onbewoonbaar verklaar is. Die gebou word geplunder, ook die hysbak en skag. So as jy mis trap dan val jy en kom nie uit die skag nie.

sopbeen ·

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld. Teen elke bose gees in die lug.

Lettie ·

@Sopbeen. Stem saam die bose Duiwel is wêreldwyd los. Jesus sal die wêreld oorwin.

koos10 ·

SjN, die gebou word deur sluipslapers gebruik. Daar is geen water of riool nie. Waar dink jy, doen hulle hul ding, en hoe reken jy ruik die gebou. Twee lyke in ‘n 10 verdieping gebou met nog ‘n 3 vloere ondergronds, met water onderin, waarin die lyke was, gaan nie veel aan die reuke maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.