Liggame op Pta-kleinhoewe gevind

Een van die liggame word verwyder. Foto: Verskaf

Die eienaar van ʼn kleinhoewe het op twee liggame in ʼn grot op sy eiendom buite Pretoria afgekom.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het gesê die eienaar het Maandagmiddag die gruvonds op sy kleinhoewe in Schurveberg, wes van Pretoria, gemaak en die polisie ontbied.

“Die polisie het dadelik ʼn ondersoek van stapel gestuur en die soek-en-reddingseenheid het begin om die twee liggame, albei mans, uit die grot te kry. Die poging het Dinsdag voortgeduur en die liggame is Dinsdagmiddag na die oppervlak gebring,” het Selepe gesê.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die twee mans se dood.

Selepe het gesê beweringe dat die oorledenes lede van die Zion-kerk is, kan nie bevestig word hangende die identifisering van die oorledenes nie.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die mans kan help identifiseer en meer lig op die omstandighede rakende hul dood werp.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leser ·

“grot”, klink my eerger na ‘n gat – [na die oppervlak gebring] is oppervlak nie van onder na bo nie
hoe weet die eienaar daar is liggame in die “grot – gat”, gaam hyself so baie daarnatoe / daarin – af

Sug! ·

Die Polisie wil hê mense moet help om die liggame uit te ken; Wat het hulle aangehad? Watter ras is hulle? Watter ouderdomsgroep val hulle in? Te oordeel aan die liggame se toestand, hoe lank is hulle na verwagting reeds oorlede? Daar is ongeveer 26 miljoen mans in SA. Met meer detail kan jy die syfer afbring na ‘n handvol toe wie dit kan wees. Jy kan baie afleidings maak, maar gee die belangrike detail dan gebeur dinge baie vinniger.

neewat ·

Terwyl dit nou ‘n kriminele oortreding is om iemand swart te noem sal jy nou nooit weet of dit swart of witmense is wat in die ‘grot’ gekry is nie .. Jammer, dalk, kon ons help met die soektog of identifisering maar met so min inligting is dit maar moeilik en gaan nog meer moorde onopgelos bly.

Sue Theron ·

Wat maak dit nou eintlik saak of dit wit of swart is. Iemand het haar lewe verloor. Sterkte aan haar familie.

Haar? ·

HAAR lewe verloor? Van wie praat jy, Sue? Dit is twee mans wat dood is.

Alida ·

Snaaks dat sommige mense nie hulle naasbestaandes as vermis aanmeld nie. Dit is die een ding wat ek nog nooit kon kleinkry nie. Indien hulle later geidentifiseer word en die moordenaar word gevang dan dring hulle aan op miljoene rande se vergoeding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.