Liggame van drie naby Fouriesburg gekry

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie is op soek na die moordenaar of moordenaars van drie mans wie se liggame Donderdagmiddag deur ʼn plaaswerker in die omgewing van Fouriesburg in die Vrystaat ontdek is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die liggame is op ʼn plaas naby die Caledonspoort-grenspos gevind.

Beslag is gelê op knopkieries wat vermoedelik in die moorde gebruik is.

Volgens ʼn getuie is die slagoffers Donderdagoggend saam met drie polisiebeamptes, glo van Lesotho, opgemerk. Hulle was na bewering besig om inligting oor veediefstal in die buurland op te volg, het Makhele gesê.

Die drie slagoffers is burgers van Lesotho en is tussen die ouderdomme van 24 en 40.

“Die motief vir die moorde is in hierdie stadium onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die bevelvoerder van die Fouriesburg-polisiestasie, kapt. Mojabeng Mokoena, by 082 446 1001 of die Stop Misdaadnommer by 08600 1011 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.