Liggame van ma en baba in dam gevind

Argieffoto

Die liggame van ʼn vrou en haar babaseuntjie is Sondagoggend in ’n dam buite Allanridge in die Vrystaat aangetref.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn verbyganger het omstreeks 07:00 die liggame van die ma en kind in die dam opgemerk waarna die polisie ontbied is.

Die liggame van die 29-jarige ma en haar sewe maande oue babaseuntjie is uit die water gehaal.

“Ons vermoed in die stadium dat die ma eers verkrag is voordat sy en die baba verdrink is,” het Thakeng verduidelik.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en een aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

cbr ·

Hartseer, ons vra waarom hoekom, dit is so tragies. RIP TRAGIES vertrou dat die persoon verweg geplaas sal word ….

Liberaal ·

Al ons liberales het aandeel hierin want die verkragter se regte tel baie meer as die ma en baba sn volgens liberalisme.

jennefer ·

Ek is verstom oor die absolute wreedheid wat skokkend dag na dag vererger.

PaulV ·

Die tipe ondier wat sulke veragtelike dade pleeg moet permanent uit die samelewing verwyder word.

Tanya ·

Hoekom n baba wat het hy aan jou gedoen h6 kan skaar mamma se en nou word hy deur jou dood gemaak net omdat jy jou lus nie kon hou nie. RIP MAMMA EN BABA .

Boerin ·

Tragies! Siek ! En tog loop hulle tussen die samelewing rond. As hy gevang word,word daar seker gemaak SY regte word beskerm…mag die gemeenskap hom vinnig kry!

Lizelda ·

Hoe kan enige iemand so iets doen des te meer met n 7 maande oue babatjie? Ai, man die arme dingetjie ken mos geen euwel nie. Dis so, so hartseer.

A Mac ·

Dis absoluut wreed wat gebeur het. Maar ek dink dit is tekens van ons tyd. Geen tronkstraf skrik meer iemand af nie. Die regering moet nie met stories kom as gemeenskappe begin om boendoe justice te gebruik nie. Geen mens is meer veilig nie, maak nie saak waar jy is in die land, skuus, jy is veilig as jy ‘n parlementslid is met ‘n horde swartpakke om jou te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.