Liggame van Mosambiekse drenkelinge na SA teruggebring

Die Portugese Eiland aan Mosambiek se kus is ’n gewilde vakansiebestemming vir Suid-Afrika. Foto: MSC

Die liggame van vier vriende wat in Mosambiek tydens ʼn vakansie verdrink het, word na Suid-Afrika teruggebring, het ʼn woordvoerder van die families gesê.

“Die liggame van Lesego Matsepe (20), Gregory Mfune (27), David Kaise, (29) en Mmatholo Mogafe (24) is Dinsdag na Suid-Afrika teruggebring,” het Bongane Diako Dinsdagaand in ʼn persverklaring gesê. “Hulle het saam die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek oorgesteek en hulle kom saam terug.”

Hy het gesê die liggame was om 19:45 uit Maputo na Suid-Afrika onderweg. “Dit is die eerste stap vir ons as families om berusting te kry.”

Volgens hom was die afgelope agt dae ʼn pynlike ervaring van onsekerheid en verdriet vir die vier families en talle Suid-Afrikaners. “Wanneer die liggame in Suid-Afrika aankom, sal elkeen na die provinsie gestuur word waar die families afsonderlik begrafnisse sal reël.”

Gregory Mfune se begrafnis vind Saterdag om 07:30 in Bethlehem in die Vrystaat by Thokoza High School plaas.

David Kaise word Saterdag in Embalenhle, Mpumalanga, begrawe.

ʼn Gesamentlike begrafnis word Sondag gehou vir Lesego Matsepe en Mmatholo Mogafe, albei van Groblersdal in Limpopo. Die diens begin om 07:00 by die plaaslike Groblersdal-rugbystadion.

“Ons spreek ons waardering uit vir die soek- en reddingspanne, al die owerhede en die mense van Mosambiek vir die belangrike rol wat hulle gespeel het om na die vier vriende te soek. Ons sê ook spesiaal dankie aan die inwoners van Makaneta, waar die liggame afsonderlik gevind is, dat hulle waaksaam gebly en die owerhede betyds ontbied het,” het Diako bygevoeg.

“Baie dankie ook aan die Suid-Afrikaanse owerhede, die premier van Limpopo en al ons medelandsburgers wat vir ons gebid het. Baie dankie, julle het die pyn bietjie meer draaglik gemaak.”

Maroela Media het vroeër berig agt vriende was deel van ʼn groep wat op 12 Januarie na Mosambiek gereis het om een van hulle se verjaardag te vier. Die tragedie het op 14 Januarie afgespeel. Hulle het vermoedelik ʼn boot van Maputo, die hoofstad, na die Portugese Eiland gehaal en daar in die see geswem, toe vier van hulle deur ʼn groot golf getref is en onder die water verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vra maar net ·

Sterkte aan al die families.
Hoekom gebruik julle n MSC foto as dit niks met hulle te doen het nie.?

Grethe ·

Ai hoekom nou spesifiek sien dit is ‘n MSC foto en die strand op die voorgrond mis kyk… Jy moes mooi ingezoom het om te kyk dat dit spesifiek ‘n MSC boot is…

VanAfrika ·

Gretha gaan lees die artikel reg onder die foto. Die se aan die einde van die artikel “Foto” MSC

Ella ·

Ek is nou moeg vir die storie. Wat gaan soek mense in die see as hulle dit nie ken en dalk ook nie kan swem nie,.
Ons land se prioriteite is erg verwronge. Hierdie is al dae in die nuus.

Mv ·

Het jy nog nooit in die see geswem nie Ella? Jy kan n kampioen swemmer wees…dit is baie gevaarlik as n see stroom jou eers in trek, mens sal nie regtig verstaan hoe magteloos jy is as mens nognie in daardie situasie was nie.

Anette ·

As jy nie iets goeds kan se nie bly eerder stil. Hulle bloot gedoen wat BAIE jongmense al gedoen het. Pret sonder om te dink iets slegs kan gebeur. Rus in vrede

Maljan ·

Oh yes Marius. Is dit nie snaaks hoe dié mense kon bekostog om in Mosambiek te gaan vakansie hou maar hulle families kan nie bekostig om hulle liggame terug te bring huis toe vir begrafnis nie? Doepi plekke waar die begrafnisse gaan plaasvind, vertel my die anc splash alweer belastingbetalers geld onnodig, ongeag wat mense soos Anette sê. Laat my sommer wonder of sy nog n belastngbetaler is. Was dit blankes was die families op hulself aangewys om die liggame terug te bring.en self te begrawe.

Sarie ·

Ek het die berig nou al ‘n paar keer gelees en nêrens sien ek dat die begrafnisse deur die ‘staat’ betaal word nie. Dirko help ALLE Suid-Afrikaners om liggame te repatrieër, ek wens net julle wil bietjie van julle perdjies afklim en simpatie toon met lewens van verloor is – ongeag van ras!

Soekies ·

@Sarie….Dit raak al moeiliker om nie die hele tyd “ras” te sien nie. Dis dan al wat in ons kele afgedruk word, heeldag en aldag. Seker kyk jy nie baie nuus nie?

leser ·

voor hul ongeluk was hulle niksgekendes, nou na hul ongeluk moet daar n helse ophef en begrafnisse gereel word, moontlik omdat hulle onwettig uit die land uitgegaan het, geen paspoorte of visums

Hennie ·

Snaaks hoe hierdie families bygestaan word deur die regering om liggame terug te bring maar nie van ander Suid Afrikaners wat in die buiteland oorlede is nie, soos die jong man in Vietnam in 2017/2018.

O ja as jy nie kan swem nie bly uit die water uit dan word belastingbetalers se geld nie gemors nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.