Liggame van vermiste kinders gevind

Argieffoto: SAPD

Die polisie is op die spoor van verdagtes nadat die liggame van twee kinders Saterdag vroegoggend aangetref is. Dít enkele ure nadat hul ma haar kinders in die vroeë oggendure as vermis aangemeld het.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring ʼn vrou (24) het omstreeks 02:30 haar seun (6) en dogter (8) by die polisiestasie in Orange Farm in die suide van Johannesburg as vermis aangemeld.

Die kinders is na bewering Vrydag omstreeks 19:00 vir die laaste keer gesien toe hulle van ʼn haarsalon huis toe gestap het.

Die polisie het dadelik na die twee kinders begin soek waarna hulle omstreeks 05:00 vanoggend ʼn oproep ontvang het oor die liggaam van ʼn kind wat in ʼn straat aangetref is. Die polisie het ondersoek ingestel en ʼn tweede kind se liggaam is sowat 100 m daarvandaan aangetref.

Albei kinders is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Volgens Peters is die motief vir die dubbelmoord in dié stadium nog onduidelik. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die kinders se dood vas te stel.

Die polisie doen ʼn beroep op mense om enige inligting rakende die moorde by die Stop Misdaadnommer, 08600 10111, aan te meld.

“Die polisie doen ook ʼn beroep op ouers om die veiligheid van hul kinders te alle tye as prioriteit te stel en altyd bewus te wees van waar die kinders hulle bevind. Kinders moenie toegelaat word om snags in die strate te loop nie tensy hulle deur volwassenes vergesel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

4ntj13 ·

Dit maak my moeilik as ouers kinders het en net nie omgee nie. So asof ek moet instaan sodat sy haar maar net kan geniet. Mense wat vir ander omgee maak ʼn plan om nie net stout kinders op ander mense af te laai nie. Hulle was nie liefgehê nie.

Persheks Adri ·

Hoekom is die kinders in die strate in die 1ste plek en dit daai tyd van die aand? Jy hou jou kind by jou klaar punt. Nie onderhandelbaar nie!

Eerlik ·

Kinders van 6 en 8 aleen in die strate 19.00 in die aand, watse mentailiteit is dit? Dan word hulle eers die volgende oggend as vermis aangemeld. Iets hier is nie pluis nie.

Sarel ·

Hoe nou luisterf yn.. nee hoor niks van
BLM,EFF,ANC OF VTOUELIGA nie. So hulle lewens was minder bekangrikas Sjzmppo Advertensir

Casper ·

Eerlik, daardie tyd van die aand moes die salon al toe gewees het.Van 19:00 tot 02:30 die volgende dag wag voor jy die kinders as vermis aangee.wat se tipe ma treë so op.Hulle kan haar ook maar ondervra.Waar was sy,duidelik nie by die huis nie anders sou sy gesien het haar kinders is nie daar nie.

Jakes ·

Die gemeenskap is geestelik siek om sulke afskuwelike dinge te doen. Om te dink dat moordenaars daagliks openlik tussen ons rond beweeg.

Gideon ·

Ek sien baie aanvaar die kinders het n ma of ouers gehad wat na hulle moes omsien. Orange Farms is n totaal ander wêreld as waaraan die meeste van ons gewoond is. Daar is bitter min “normale” gesinne. Kinders bly by ouer boeties of sussies, bly op straat of by oumas wat self hulpbehoewend is. Soms bly n klomp kinders saam in n shack en moet bedel of steeĺ vir iets om te eet. Glo my dis haaglike omstandighede.

antieke antie ·

my hart is seer as ek lees kinders word net gemaak en moet dan suffer…dan verkies ek dat daar glad nie kinders is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.