Liggame van vier zama-zamas naby ou myn gevind  

Argieffoto

Die liggame van vier vermeende onwettige mynwerkers is in die omgewing van ʼn ou oopgroefmyn in die Westenburg-omgewing in Polokwane, Limpopo, gevind.

Volgens die polisie is die liggame Maandag en Dinsdag gevind nadat daar inligting ontvang is oor vermeende onwettige mynwerkers wat op ʼn plaas doodgeskiet is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het onmiddellik opdrag gegee vir ʼn volskaalse mobilisering van relevante hulpbronne, insluitend ʼn polisiehelikopter, om na die slagoffers te soek en die verdagtes vas te trek.

Die liggaam van ʼn 37-jarige burger van Lesotho is Maandag gevind en die soektog is later afgelas. Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die soektog Dinsdagoggend voortgesit en is nog drie liggame van Lesotho-burgers in die omgewing van die onwettige mynperseel gevind.

“Dit blyk dat hulle geskiet is terwyl hulle van die aanvallers probeer vlug het. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn groep onwettige mynwerkers van Lesotho en Zimbabwe Sondagoggend om die vuur langs ʼn onwettige mynskag in die gebied gesit het toe ʼn groep gewapende verdagtes hulle na bewering aangerand en van hul selfone en geld beroof het.”

Vier sake van moord word ondersoek. Hadebe het intussen opdrag gegee dat polisiebedrywighede by alle geïdentifiseerde onwettige mynterreine in die provinsie verskerp word en dat beslissende stappe teen enige onwettige aktiwiteite gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

007 ·

Hulle kan nie eers televisie lisensies afdwing en onderhou nie, hoe wil hulle die onwettige myn bedrywighede beheer. Bring die Kommando terug, daar is baie oud soldate en polisie manne wat sonder werk sit.

Snowball ·

Die kriminele bendes moor nou mekaar uit. ANC se nalatenskap – hierdie distopiese hel van misdaad en slagting.

Pannies ·

Dis duidelik dat die misdaad in SA nou buite beheer raak.
Buitelanders kom myn onwettig in ons land en word vermoor deur ander kriminele, ens.
Alles een groot wetteloosheid en die polisie soek inligting by die publiek.

SjN ·

Stem saam, maar wie is die kopers van die minerale, solank daar n afset gebied is sal dit nie stop nie en hul weet dat die Sapd nie by alles kan uitkom nie!

Hennie ·

So wat is nou die probleem hier? Hoekom geld mors om aanvallers te soek ipv om medaljes te gee vir ‘n job well done? As die treurige polisie nie hul werk kan doen nie, dan sal Rambo en kie dit doen!

Nie Verbaas ·

Ek wonder of ons ANC regering bewus is dat die leiers van al die eerstewêreldlande hulle uitlag en weet dat hulle pateties verby is. Hulle blah blah blah net.

Danie ·

Die kompetisie is hoog en die groot koppe is veeleisend die mark vir goud belowend.Die probleem is dat die land in n misdaad bende orgie verander het.Dit raak die publiek se veiligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.