Liggame van vrou, seuntjie by Bergvliet-huis gekry

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Polisieondersoek is tans aan die gang nadat die liggame van ʼn vrou en tienjarige seuntjie Sondag by ʼn huis in Bergvliet in Kaapstad aangetref is.

Beamptes is gister omstreeks 11:00 na die toneel in Hoofweg ontbied.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat die Kirstenhof-polisie twee geregtelike doodsondersoeke doen.

“Albei slagoffers is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”

Twigg sê weens die “sensitiewe aard van die voorval” sal die polisie in dié stadium geen verdere besonderhede bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Daar word in hierdie stadium nie melding gemaak van enige moord nie so ek neem aan selfmoord kan nie uitgesluit word nie.

Bolandse Nooi ·

Weer ‘n Ma vir wie die lewe te veel geraak het en toe neem sy haar seuntjie maar eerder saam, as om hom te laat leef en miskien by familie of vervreemde pa of in “foster care” te beland? Hartseer ……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.