Liggame, vliegtuigwrak naby Robinson-pas gevind

Die Cessna 550 Citation II het Donderdag by die George-lughawe opgestyg en minute later van die radar verdwyn. Die wrak daarvan, asook drie liggame, is Donderdagmiddag gevind. (Foto: Burgerlugvaartowerheid)

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gaan na verwagting later vandag meer besonderhede bekend maak oor een van sy vliegtuie wat Donderdagoggend in die Wes-Kaap neergestort het.

Die wrak van die Cessna Citation is gister omstreeks 14:00 in die omgewing van die Robinson-pas, tussen Hartenbos en Oudtshoorn, in die omgewing van Mosselbaai, gevind, het Deanna Bessick, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, gesê.

Volgens haar is die provinsie se nooddienste na die gebied ontbied kort nadat die vliegtuig om en by 11:30 neergestort het.

Die vliegtuig het Donderdag teen 10:40 met twee mans en ’n vrou aan boord by die George-lughawe opgestyg om navigasiehulpmiddels na te gaan. Dié vliegtuig, ʼn Cessna 550 Citation II, word vir lugvaartinspeksies gebruik.

Die BLO het gesê skaars tien minute nadat die vliegtuig opgestyg het, het die lughaweowerheid kontak met die vliegtuig verloor.

ʼn Reddingsvoertuig en Skymed-helikopter is na die toneel gestuur, waarna die wrak gevind is, het Bessick gesê.

“Al drie insittendes, twee mans en ʼn vrou, in die voorval dood,” het Bessick gesê.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en lugvaartentoesiaste het op sosiale media die voorval as ʼn hartseer dag vir die lugvaartbedryf bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arnold ·

Was die vliegtuig in goeie toestand? In Desember het dieselfde vliegtuig rook in die kajuit gehad en kon hulle nie opstyg nie.

Jessica ·

Thank God they fins the bodies, a big relief for the family to have to to put the to rest.

Jessica ·

Thank God at least they find the bodies, that’s a big relief for the family.

Skok ·

BLO se vliegtuig wat val is vergelykend aan Rambo wat homself per ongeluk dood skiet. Not supposed to happen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.