Liggies bly aan, vir nou

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag aangekondig dat die kragnetwerk stabiel is en dat geen beurtkrag vir die oggend beplan word nie.

Die sukkelende  kragverskaffer het egter gesê die kragnetwerk is steeds onder druk, veral tydens die aandspitstyd (17:00-21:00), weens ʼn toename in die vraag na elektrisiteit.

Eskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om energie-doeltreffende maniere te vind om warm te bly, aangesien koue weerstoestande landswyd ervaar word.

“In die winter is daar ʼn verhoogde vraag na elektrisiteit tydens spitstye soggens en saans omdat meer elektrisiteit in hierdie tye gebruik word. Ons doen ’n beroep op al ons kliënte om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik deur die dag te verminder en om meer te probeer spaar gedurende die piektye van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Almal wat Matoela lees moet die areas meld waar straatligte helder oor dag brand (en vir hoe lank!! Julle sal verbaas wees hoe ons metro’s krag mors!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.