Ligpunt midde Covid-19: Steeds geen beurtkrag

(Argieffoto)

Te midde van die kommer wat heers weens die verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika, kon Eskom darem sedert Sondag die ligte aanhou.

Die kragreus het Maandagaand aangekondig die kans vir beurtkrag vir Dinsdag is skraal, hoewel die stelsel steeds onder druk is. Beurtkrag is Vrydagaand laas ingestel.

“Omdat ons noodkragreserwes tydens spitstye gebruik, is daar ʼn groot moontlikheid dat beurtkrag op die nippertjie ingestel kan word, sou enigiets in die kragstelsel verander,” sê Eskom.

Eskom sê danksy die samewerking van alle belanghebbendes sal die kragvoorsiener moontlik binnekort uit “hierdie moeilike tye” wees. “Ons vra elke Suid-Afrikaner se samewerking met die spaarsamige gebruik van elektrisiteit sodat ons beurtkrag kan minimaliseer.”

Eskom het verbruikers weereens aangemoedig om krag te bespaar deur nie te lank te stort nie, elektriese toestelle by die kragprop af te sit en die lugverkoeler op ʼn gemiddelde temperatuur van 23°C te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Kan almal assebliefjulle krag self afsit van 12:00 tot 14:30 en dan weer 21:00 tot 23:30, want Eskom werk van die huis af die week. ;-)

Chantelle ·

I think it is time for SA to invest in building Bio-Engergy plants. One plant can provide energy to over 1000 homes.

Michael ·

Sa se regering kan niks bou nie ,dit sal beter wees as die privaat sektor dit bou en bestuur.

Michael ·

Sjoe moet ons nou bly wees oor ons krag het ,as dit verniet was was dit seker die geval maar ons betaal daarvoor en heelwat meer as wat ons behoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.