Ligte bly aan as iets nie breek nie

Argieffoto

Argieffoto

As daar vandeesweek nie enige tegniese foute ontstaan nie, sal Eskom aan die elektrisiteitsaanvraag voldoen, het die organisasie Donderdag gesê.

“Die kragnetwerk bly onder druk totdat nuwe kragvoorsieningskapasiteit beskikbaar is, en dit sal twee tot drie jaar duur,” het Eskom gesê. “Dit beteken egter nie dat daar daagliks beurtkrag sal wees vir die volgende drie jaar nie.”

Volgens Eskom sal beurtkrag slegs ingestel word om die kragnetwerk te beskerm.

Eskom het fase 1-beurtkrag op 9 Januarie ingestel weens ʼn hoë vraag na elektrisiteit.

Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het verlede Donderdag gesê die regering is deels verantwoordelik vir die land se elektrisiteitsprobleme, aangesien hy verantwoordelik is vir beleid. Dit sluit kragpryse in wat deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ingestel word.

Matona het dit benadruk dat die land se kragvoorsiening onder druk by terwyl Eskom die agterstand op sy instandhouding probeer inhaal.

Lees alle vorige berigte oor beurtkrag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JoeV ·

Ons krag is af van 14:00 uur, is nou 18:45, nog steeds af, water was gister af van 09:00vm tot 01:00 vm, wereld klas stad die een van ons!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.