Ligte bly na verwagting Vrydag aan

(Foto: pixabay)

Eskom beplan nie om beurtkrag Vrydag in te stel nie. Die opwekkingstelsel bly egter beperk.

Die kragvoorsiener sê in sy gebruiklike verklaring hoewel onbeplande kragonderbrekings Donderdagmiddag toegeneem het, bly dit laag genoeg om beurtkrag te vermy.

Dié onderbrekings het omstreeks 16:45 op 10 679 MW gestaan met beplande onderbrekings op 4 808 MW.

“Die netwerk is onder druk, kwesbaar en onvoorspelbaar en beurtkrag kan op kort kennisgewing in werking gestel word, sou die situasie verander,” waarsku Eskom.

Die kragvoorsiener het weereens benadruk dat die moontlikheid van beurtkrag verhoog terwyl hy kritieke instandhoudingswerk doen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marcello ·

Dankie aan al Eskom se tegniese mense wat elke dag hard werk om die ligte aantehou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.