Ligte bly (sover) Donderdag aan

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Geen beurtkrag word vir Donderdag verwag nie hoewel die moontlikheid altyd bestaan dat Eskom beurtkrag op kort kennisgewing kan instel.

Die kragvoorsiener het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê hy maak tans gebruik van sy noodreserwes tydens spitstyd. “Ons mag wel moontlik beurtkrag op kort kennisgewing instel sou die kragopwekkingstelsel agteruitgaan,” lui die verklaring.

Onbeperkte kragonderbrekings het Woensdag omstreeks 16:25 op 10 639 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 5 101MW. Die kragstelsel bly in dié stadium kwesbaar.

Eskom doen ’n beroep op verbruikers om elektrisiteit te bespaar waar moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Moedeloos ·

Ek hoop regtig die ligte bly aan want geen mens kan hierdie donkerte ook nog hanteer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.