Ligte brand dalk gou weer in Tweeling

Argieffoto: GCIS

Werk by ʼn substasie in Tweeling in die Vrystaat, waar ʼn transformator vervang moet word, vorder fluks.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, het gesê die kragtoevoer sal na verwagting teen Dinsdagaand herstel wees in dié dorp.

Maroela Media het vroeër berig inwoners sit sedert Saterdagaand sonder elektrisiteit weens ʼn foutiewe transformator by die kragstasie.

“Eskom vra om verskoning vir die ongerief en bedank verbruikers vir hul geduld,” het Jansen van Rensburg bygevoeg.

“Ons herinner verbruikers om alle elektriese drade en toestelle as lewendig te beskou aangesien die krag enige oomblik aangeskakel kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

As dit by Tweeling so gou gaan, moet Driesusters maar in hul pasoppens wees. Die verkeerspolisie sal dan na manual moet oorskakel… dink net daaraan…

Nico ·

Hy praat van ongerief, nog steeds moet die verbruiker betaal vir krag, dit is ‘n skande.

Marcello ·

Eskom ek is trots op julle, dit kan gedoen word. Leer asb. die Munisipaliteit in Vereeniging hoe dit gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.