Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag weer tussen 17:00 en 22:00 ingestel word.
Volgens Eskom is hy genoop om weer beurtkrag vir die aand in te stel omdat die kragnetwerk onder enorme druk is.
Dit volg nadat beurtkrag Maandagmiddag op kort kennisgewing vir die aand ingestel is.
Opwekkingseenhede by die Arnot-, Grootvlei- en Matla-kragstasie het Maandagaand onklaar geraak. Terselfdertyd is twee eenhede by die Kriel- en Grootvlei-kragstasie weer in diens geneem.
ʼn Opwekkingseenheid by die Kusile- en Arnot-kragstasie sal na verwagting weer Dinsdagmiddag in diens gestel word.
Volgens Eskom het die aanbreek van die winter veroorsaak dat daar ʼn groter vraag na elektrisiteit is, veral soggens en saans. Gevolglik sal die kragnetwerk dwarsdeur die winter onder druk wees.
Die kragvoorsiener het tans 3 049 MW op beplande instandhouding, terwyl 15 762 MW nie beskikbaar is nie weens onbeplande kragonderbrekings.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ou Grapkas, is daar nie vir ‘n slag ‘n beter leuen om te deel nie.
Lyk my in die vroeer jare was daar nooit winter nie want ons het altyd krag gehad. Wat n k.. verskoning Eskom. Sorg eerder dat julle kundige mense aanstel om julle infrastruktuur in stand te hou.
Daar is 18GW (dis nou 18000MW) van lyn af. Die totale kapasiteit in SA is maar 60GW. Met ander woorde amper ‘n derde van Eskom se kapasiteit is van lyn af.
Wie saboteer nou weer?
Julle kan nie , want julle wil nie , want julle sal nie , want julle gaan nie . Nerens .