Ligte skuddings in Polokwane gevoel

Verskeie mense in die Polokwane-omgewing het die skuddings gevoel. (Argieffoto: pixabay)

ʼn Ligte skudding wat Maandagmiddag in Polokwane gevoel is, het talle inwoners op hol gehad. Die skudding is omstreeks 15:31 in die omgewing aangemeld.

Die webwerf Volcano Discovery het aangedui dat die skudding op ʼn diepte van 10 km plaasgevind het.

Verskeie mense het op die webblad geskryf dat hulle vensters en deure voel ratel het. Sommige mense het tot drie skuddings gevoel en volgens gebruikers het elke skudding tussen twee en vyf sekondes lank geduur.

“Ons het gedink dit was nog die skiet van rotse agter die Mankweng-hospitaal, maar dit het vandag veel nader en meer rukkerig gevoel. Ons het gedink dis dalk ʼn donderstorm wat aankom,” het ʼn inwoner van Mankweng geskryf.

Verskeie ander mense het dit ook beskryf as die geluid van swaar donderweer.

“Die hele huis het geskud. Vensters. Dit het gevoel soos ʼn gebou wat opgeblaas word. Twee honde het aangehardloop gekom, vreesbevange,” het ʼn inwoner van Polokwane geskryf.

Suid-Afrika se Raad vir Geowetenskappe het egter geen seismiese gebeurtenis in die Polokwane-omgewing op sy webblad aangedui nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

wat ek voel en wat jy voel is dalk geen gevoel wat nog gevoel moet word

FM

Ons moet maar by die woefe gaan leer.

Ons honde was baie onrustig en ek het met hulle gepraat en verseker dat ons dankbaar sal wees vir reën. Dis nou baie droog. Hulle het my aangekyk met ‘is jy seker’ uitdrukking.

Barney

Dis al daai vet mense wat daar bly se skuld. Hulle moet ophou rondloop. Dit skud die grond. Netnou is daar niks meer grond vir die EFF nie.