Ligte sneeu vir Wes-Kaap voorspel

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Hoogliggende dele van die Cederberge en hoë pieke rondom Ceres en Worcester kan Maandagaand moontlik sneeu verwag.

Volgens Snow Report kan ligte sneeu ook moontlik op die Groot Swartberge, noord van Uniondale, voorkom.

Hogsback in die Oos-Kaap kan ook moontlik ligte sneeuval te wagte wees.

Grafika: Snow Report

Grafika: Snow Report

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Kroonstad ·

Uiteindelik daag winter op. O die bosluise gaan uiteindelik verminder.

Iddi ·

Bbbbbrrrrrr. Verlede Maandag was ons temp hier in Mokopane, Limpopo (Bosveld) maar n gemideld van 4 – 6 die hele dag. Met reen aan an af. Ons nag temp na 00:00 was -3 !! Koudste in 23jr.

zahn ·

Hier in Robertson was die kar se dak kliphard ge ys vanoggend 4 uur toe ek gaan werk. Mense, ons moenie kla nie, ons het die tipe weer nodig die tyd van die jaar. Baie belangrik vir plante om te rus en die sneeu voed ondergrondse waterbronne. Kom ons kla eerder oor die prys van steak in die restaurante.

Susan ·

Goed gesê Zahn. Trek maar nog ‘n trui aan en sit ‘n serpie om, Die winter is ook lekker.

Denise ·

Wel hier by ons in die kloof net voor jy Zuurbraak kry is dit netso ysig my Dover stofie werk oortyd . So bly vir my stofie ons kry lekker warm ek maak my kos en die badwater raak warm !!!!

Yvette ·

Ai julle! Die winter is wel koud, maar ook lekker, dis maar net asof die koue aande, huis gesinne nader aan mekaar skuif vir so lekker warm atmosfeer in die huis, elkeen op gekrul onder n kombers, lekker warm sop en heerlike vetkoek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.