Ligte straf vir beampte wat 10-jarige aanrand

Angelique se beserings Foto verskaf

Angelique se beserings. Foto verskaf

ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat ʼn 10-jarige meisie met sy gordel aangerand het, moet 90 ure se gemeenskapdiens as vonnis verrig.

Zwandile Mkhuma het op 9 Desember Angelique Meintjies (10) met sy gordel geslaan nadat sy, haar sussie en ʼn maatjie sampioene gepluk het voor sy huis op die gronde van die departement van korrektiewe dienste in Boksburg.

Mkhuma is uiteindelik op 18 Desember in hegtenis geneem nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ingegryp het, aangesien die polisie met die saak gesloer het. Die saak is reeds op 10 Desember by die polisie aanhangig gemaak.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, het Maandag aan Maroela Media gesê Mkhuma is onlangs gevonnis om 90 ure se gemeenskapdiens by die Boksburg-polisiestasie se berede eenheid te verrig.

“Dit behels dat hy onder andere moet stalle skoonmaak of enigiets anders wat aan hom gegee word om te doen,” het Kelder gesê. “Dit werk uit op vyf ure per dag op Saterdae en Sondae. Die landdros het in sy uitspraak gesê hy het in ag geneem dat dit Mkhuma se eerste oortreding is, dat hy besluit het om skuldig te pleit, en dat hy net een hou toegedien het.”

Mkhuma moet weer op 22 April in die Vosloorus-landdroshof verskyn.

Lees ook:
Video en foto’s: Man vas ná hy glo 10-jarige aanrand
Man vas ná hy glo 10-jarige aanrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mike ·

As hy ‘n kriminele rekord het vir aanranding behoort hy geskors te word uit die DKD. Was daar ook ‘n klag van kindermishandeling teen hom gelê?

Ria Maritz ·

Dit was EEN hou TE VEEL ! Hoe hard en met mening moes hy slaan om daardie beentjies so te laat lyk ?!?!

Die regstelsel het hierdie 10-jare ook gefaal.”

Dan lees mens weer die berig vroeër vanoggend geplaas waar ‘n “man” sy eks vol petrol gegooi het en aan die brand gesteek het.

Om te dink, sulke afknouers, vroueslaners, kinderslaners loop tussen ons rond !

Theresa ·

Nou toe nou. Gee vir die beampte ‘n veer in sy hand………………………

AmY ·

As dit dit my kind was, was daai man lankal agter tralies. Ek sou hofsake gemaak het en AL my goed (ook my huis) verkoop het, om seker te kon maak hy boet vir wat hy aan my kind gedoen het.

Ek hoop iemand kan hierdie ouers help dat die saak her-open word en die vuilgoed ordentelik boet vir wat hy aan daai kindjie gedoen het.

Hy moes dieselfde straf in die tronk (van sy ‘inmates’) gekry het.

Wat is die sy straf verbonde aan gemeenskapsdiens? Ek doen dit dan vrywillig. Gemeenskapsdiens is geen straf nie.

Babs ·

Asof stalle skoonmaak hom sal pla. Het die ligte straf weer iets met sy velkleur te doen? Volgende keer is dit dalk moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.