Ligte vanaand weer af

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

Eskom het Maandag aangekondig dat fase 2-beurtkrag weer van 17:00 tot 22:00 ingestel word.

Dit is weens die druk waaronder die kragnetwerk verkeer nadat opwekkingseenhede by die Majuba- en Medupi-kragstasie onklaar geraak het.

“Drie opwekkingseenhede sal na verwagting teen vanaand in diens gestel word, wat die druk effens sal verlig,” sê Eskom.

“Eskom sal voortgaan om die stelsel noukeurig te monitor.”

Minstens 2 246 MW word aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl nog 15 847 MW kapasiteit weens ander probleme nie beskikbaar is nie.

“Die aanbreek van die winter bring ʼn groter vraag na elektrisiteit mee, wat deurlopend tot kapasiteitsbeperkings sal lei – veral tydens piektye soggens (05:00 tot 09:00), laatmiddag en saans (16:00 tot 22:00).”

Eskom sê hy monitor die kragnetwerk voortdurend met die doel om beurtkrag daarvolgens aan te pas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Burgermeester ·

As dit somer raak, dan word daar gesê daar is ‘n groter aanvraag na elektrisiteit want almal wil die lugversorgers aan hê. As dit winter raak, dan sê hulle daar is ‘n groter aanvraag na elektrisiteit want almal wil die verwarmers aan hê. Is daar ‘n tyd waar daar nie ‘n groot aanvraag na elektrisiteit is nie?

Hefs? Lente? Wie weet?

Andre ·

Dieselfde ou storie Eskom vernietig die land en sy ekonomie die skrif is aan die muur groot moeilkheid oppad

SjN ·

Verskonings vir alles, hul weet wat is die oplossings, werk daaraan.

Lourens CFG ·

Ek sien donker dae wanneer die koue behoorlik posvat, eish!
Hierdie is skaars die begin van winter.

Nettie ·

Ek dink dis uiters gemeen om dit van 17:00 af toe te pas. Hulle “straf” mense met klein kindertjies, vrouens wat na werk ‘n ete aanmekaar moet slaan vir ‘n honger gesin, mans wat wil gras sny na werk, gesinne wat matte wil suig of wasgoed moet was. Klein besighede wat staat maak op mense wat na werk gou by hul winkel wil aangaan voor dit toemaak. Kom mense effe tegemoet en sit dit van 19:00 tot middernag af, eerder as 5-10 saans.

marius ·

Korrek . Hulle weet presies wat die impak is en hulle lag daaroor .

KatjieDeKat ·

Ek kannie Wag vir my egskeiding geld nie. Ek gaan n kragopwekker, gas stoof en gas verwarmer koop. Mens kan nie anders nie, as jy n bietjie geld het, koop hierdie dinge. Jy gaan nie spyt wees nie. Iemand wat ek ken, los in die somer plastiekbottels in die sonlig in die oggend, hy se die water raak vuurwarm, jy kan koffie maak daarmee, en selfs was. Ons sal maar aan allerlei ander maniere moet dink om van elektrisiteit onafhanklik te raak. Wanneer mens arm is, kry jy ook meer deernis vir arm swart mense wat bv. sommer vuur maak in n drom in die huisie. Miskien nie ideaal nie vanwee die rook reuk maar daar is dele vd land waar jy sal dood vries in die wnter daarsonder. Dis ook tyd om kaggelvure terug te bring in huise, vir kosmaak en warmte. Hierdie land stuur af op n Mad Max toekoms en hoe gouer mense dit besef, hoe beter. En Maroela dis Regtig nie nodig om hierdie kommentaar te verwyder nie. Its just common sense and cannot possibly offend Anyone.

Roebs ·

Bla bla bla net verskonings maak die goed reg kry die regte mense in om dit instand te hou. Hou op geld mors op ander goed kry ons land reg. Kuba en die groot vlag kan wag sit ons krag aan.

marius ·

Die muur waarteen die skrif was het om gefoeter . Dis verby . Glo dit maar .

Swerwer ·

Gebruik liewer hierdie blad vir nuwe nuus. Eskom is al afgesaag want dieselfde leuen/wortel word elke dag aan die landsburgers vertel/gehou . Almal weet Eskom vertel nie die waarheid nie. Raak ontslae van die ANC en stel bevoegde mense in die wensens te plekke aan wat die werk kan doen en minder lieg

Elma ·

watter krag is daar waarvoor daar n groter aanvraag is? dis dan altyd AF. FFS, Eksdom is die heel grootste marteling wat ek nog ooit beleef het.

Martin ·

Dit is hoog tyd vir ‘n nuwe regering… Ons huidige regering het belangriker dinge om oor te bekommer as om krag op te wek soos om dorpe en strate se name te verander, mense regte ens.

CJS ·

Wens ek kon die daling in my rekening sien…bly maar gemiddeld dieselfde?!

Keelvol ·

Ek dring nou daarop aan dat de ruyter vir ons sê wanneer is hy van plan is om n einde aan die snert te maak!!!! EK’s nou al keel vol sy lieg stories!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.