Ligte vliegtuig doen noodlanding op strand

Foto: NSRI

ʼn Egpaar van Plettenbergbaai is ongedeerd ná ʼn noodlanding op ʼn strand by die monding van die Van Stadensrivier in die Oos-Kaap.

Paul van Jaarsveld van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Jeffreysbaai het gesê hulle is omstreeks 13:45 Woensdag ontbied.

Die polisie, reddingswerkers van die Kouga-munisipaliteit en die provinsiale nooddienste het ook op die toneel reageer.

“Met ons aankoms op die toneel is ʼn vlieënier van Plettenbergbaai en sy vrou ongedeerd op die strand gevind. Die vlieënier het ʼn noodlanding op die strand gedoen tydens ʼn vlug van Port Elizabeth na George nadat daar skielik enjinprobleme ondervind is.”

Volgens Van Jaarsveld is die vliegtuig geskut om daaraan te werk en word die voorval deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sieg

Uitstekende vlieënier, flink gedink.

corne

Baie bly om te hoor hulle is ok. Moes redelik benoud gewees het terwyl hy geland het

Perl

Jy sal my nooit in een van die “vliegtuie” kry nie, as hul nie val nie, is dit noodlanding. Doodskusse.

VanAfrika

Selfde ding het met ons gebeur. In Des 2009 was ek en my seuns en ma in Doonside op Suidkus. Het by Shangrila tuis gegaan. My seun en ek staan op die balkon en ons sien n klein vliegtuig sirkel oor die see. Volgende oomblik land die vliegtuig op die strand. My seun skreeu “ma die vliegtuig het geval” Almal hardloop af strand toe om te kyk of ons kan help. Die vliegtuig se propeller het probleme gegee. Ek het groot respek vir die oom gekry want hy het hierdie vliegtuigie laat land sonder dat hulle iets oorgekom het. Net… Lees meer »