Ligte vliegtuig doen noodlanding op strand

Foto: NSRI

ʼn Egpaar van Plettenbergbaai is ongedeerd ná ʼn noodlanding op ʼn strand by die monding van die Van Stadensrivier in die Oos-Kaap.

Paul van Jaarsveld van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Jeffreysbaai het gesê hulle is omstreeks 13:45 Woensdag ontbied.

Die polisie, reddingswerkers van die Kouga-munisipaliteit en die provinsiale nooddienste het ook op die toneel reageer.

“Met ons aankoms op die toneel is ʼn vlieënier van Plettenbergbaai en sy vrou ongedeerd op die strand gevind. Die vlieënier het ʼn noodlanding op die strand gedoen tydens ʼn vlug van Port Elizabeth na George nadat daar skielik enjinprobleme ondervind is.”

Volgens Van Jaarsveld is die vliegtuig geskut om daaraan te werk en word die voorval deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Wat ‘n lekker plek on ‘n noodlanding te doen. Toe ek ‘n noodlading moes doen, was dit in ‘n vars geploegte mielieland, nie in lyn maar in kruis (onewewydig) met die ploegvore. Nie hoogte gehad om van rigting te verander. Probleem met ‘n noodlanding, hetsy op ‘n strand of in ‘n land, die enjin word beskadig as die skroef die grond tref.

corne ·

Baie bly om te hoor hulle is ok. Moes redelik benoud gewees het terwyl hy geland het

Perl ·

Jy sal my nooit in een van die “vliegtuie” kry nie, as hul nie val nie, is dit noodlanding. Doodskusse.

Grens ·

Perl
Jy stap seker met die voet waar jy gaan, want motors is baie meer gevaarlik as hierdie vliegtuie. Sterkte met die lang stap na waar ookal!!!

Anton ·

En tog klim jy in n kar, jy slaap in n bed, jy kruis n straat wow, jy is baie braaf.Baie baie baie veiliger as n kar en veral op ons paaie met al die Taxis.

VanAfrika ·

Selfde ding het met ons gebeur. In Des 2009 was ek en my seuns en ma in Doonside op Suidkus. Het by Shangrila tuis gegaan. My seun en ek staan op die balkon en ons sien n klein vliegtuig sirkel oor die see. Volgende oomblik land die vliegtuig op die strand. My seun skreeu “ma die vliegtuig het geval” Almal hardloop af strand toe om te kyk of ons kan help. Die vliegtuig se propeller het probleme gegee. Ek het groot respek vir die oom gekry want hy het hierdie vliegtuigie laat land sonder dat hulle iets oorgekom het. Net sy oor het gebloei, sy vrou het haar kleintoontjie gebreek en hul kleinkind het was ongedeerd. Daar was ook n vrou wat gedink het sy is baie slim, sy vat die kleinkind uit die ouma se arms om haar kafee toe te vat vir n koeldrank. Ek het net dieselfde jaar klaargemaak met n haar en skoonheid kursus en daar geleer as jou klient n mediese probleem ontwikkel mag jy hulle niks gee om te drink of eet, net ingeval dit n teater geval is. Die vrou het die kind daar weg na ek vir haar gesê sy mag die kind nie verwyder nie. Ambulans en brandweer daag op wil weet waar is die kind. Dit was een omgekrapte ambulans man toe sy weer met die kind daar aankom. Ek het nog steeds die fotos van die vliegtuig op die strand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.