Ligte vliegtuig stort in Mpumalanga neer

Foto verskaf deur Die Laevelder.

ʼn Ligte vliegtuig het Donderdagmiddag laat in Mpumalanga neergestort.

Volgens Die Laevelder het die ligte vliegtuig langs die Elandshoekpad naby Machadodorp neergestort.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê vyf mense is beseer. “Van die insittendes het ná die vliegtuig neergestort het na ʼn pad geloop om hulp te kry.”

Volgens Van Huyssteen het ER24 se paramedici net na 17:00 op die toneel aangekom en was paramedici van die provinsiale nooddiens reeds daar.

Een persoon het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander vier matige beserings opgedoen het. Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die Laevelder het berig die vliegtuig het in vlamme uitgebars toe dit neergestort het en dat een van die insittendes ernstige brandwonde opgedoen het.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) sal die presiese omstandighede van die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johnnie ·

Ons is net dankbaar teenoor die Here dat almal lewe. nVliegtuig kan vervang word maar n lewe nie. Sterkte aan al die beseerdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.