Ligte vliegtuig stort in Springs neer

Foto: Verskaf

ʼn Vrou is dood en ʼn man beseer toe ʼn ligte vliegtuig Woensdagaand in Springs aan die Oos-Rand neergestort het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici by hul aankoms die man en die vrou in die vliegtuigwrak gevind.

“Paramedici het hulle ondersoek en die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.”

Foto: Verskaf

Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) het intussen reeds met ʼn ondersoek na die voorval begin. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het gesê die twee insittendes was besig met ʼn opleidingsvlug toe die Cessna 172 neergestort het.

“Daar is reeds begin om inligting te versamel wat sal help om die oorsaak van die noodlottige ongeluk te ondersoek. Dié fase sal die omvang van die ondersoek bepaal, sowel as die verwagte tydsraamwerk vir die afhandeling van ʼn finale verslag.”

ʼn Voorlopige verslag sal binne 30 dae beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Racheltjie Debeer ·

Nie eers ‘n kilometer van my huis af nie. Dis kommerwekkend aangesien dit die 3de vliegongeluk in amper 2 jaar is by die betrokke vliegveld. Meegevoel met die familie van die dame wat oorlede is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.