Ligte vliegtuig stort neer by Kaappunt

(Foto: SANParke)

SANParke het bevestig ʼn privaat ligte vliegtuig het Donderdag omstreeks 13:40 naby Linkweg in die Kaap die Goeie Hoop-deel by Kaappunt neergestort.

Alle nooddienste is onmiddellik in kennis gestel en hulle het onmiddellik reageer. Die ligte vliegtuig het twee insittendes gehad. Hulle het slegs geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere ondersoek.

SANParke wens die twee persone ʼn spoedige herstel toe.

Die omstandighede rondom die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Linkweg en Olifantsbosweg in Kaappunt bly gesluit tot verdere kennisgewing.

SANParke bedank die personeel van Tafelberg- nasionale park, die Suid-Afrikaanse Lugmag, Cape Medical Response, SAPD Simonstad, Metro- soek-en-redding en die Simonstad-brandweer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Dit lyk nie vir my of die vliegtuig neergestort het nie,maar eerder of die vlieënier ‘n noodlanding uitgevoer het.

Karlahari

As n vliegtuig neerstort dan val dit onbeheersd uit die lug.
Hierdie is die 3de berig waar daar gesê word ‘n vliegtuig wat n nood landing maak het neer gestort.
“Ligte vliegtuig maak noodlanding by Kaappunt” sou die korrekte opskrif wees.

marius

Neer gestort ?

Annelize

Rerig? Neergestort?

Alle neergestorte vliegtuie wat ek al gesien het, was daar nie veel van oor nie. Hierdie was ‘n ordentlik beheerde noodlanding.

Waarnemer

???? Dalk wou hulle net gratis toegang tot Sanparke he!!!