ʼn Ligte vliegtuig het Dinsdagmiddag op Oostermoed-plaas in Hekpoort, Gauteng neergestort.
“Die leerlingvlieënier was op ʼn solovlug in ʼn Cessna-vliegtuig toe hy enjinprobleme ondervind het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Hy het op die plaas neergestort. “Veiligheidsbeamptes van Oestermoed-plaas was gelukkig daar naby en het hom uit die wrak gehaal voor dit aan die brand geslaan het. Dié heldhaftige daad het definitief die man se lewe gered.”
Paramedici het die man, in sy 20’s, ondersoek en bevind dat hy matige beserings opgedoen het. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Sjoe hys gelukkig.
Hoop hy vlieg weer
Dankie Jesus U het U Beskermende Hand oor hom gehou. My seun ook vlieenier. Vertrou dai leerling gan weer vlieg
Moenie opgee op jou droom nie!! Klim so gou as moontlik weer in ‘n vliegtuig en vlieg!
Knap gedaan mnr.die leerling vlieenier!Dis nie grap as ‘n vliegtuig se enjin staak nie.Daar is letterlik net sekondes om te soek vir ‘n plek geskik vir ‘n noodlanding en dan moet die vlieenier dadelik oor gaan tot aksie om homself en die vliegtuig in een stuk op die grond probeer kry.
Klim gou weer in ñ vliegtuig. Ek weet waarvan ek praat. Jy het ñ tweede kans by God gekry. Ek was 4 maal amper tragies dood, en lewe sonder vrees.!
Soos ek die berig lees, was dit nie die vlieenier se skuld nie, die vliegtuig het enjinprobleme gehad. Word hierdie vliegtuie ook nie behoorlik onderhou nie? Of het hulle nie meer die kundiges nie?