Ligte vliegtuig val, 2 beseer

Die toneel Maandagoggend. (Foto: Netcare 911)

Twee mans is beseer toe ʼn ligte vliegtuig Maandagoggend in Springs aan die Oos-Rand neergestort het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici omstreeks 07:00 na die toneel naby die Springs-lughawe in Joubertstraat ontbied.

By paramedici se aankoms op die toneel het hulle die wrak van ʼn enkelenjin-vliegtuig aangetref.

Twee passasiers, ‘n man en ‘n vrou, het ligte tot matige beserings in die voorval opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling, het Herbst gesê.

Dit is nie in dié stadium duidelik waarom die vliegtuig neergestort het nie, maar die toepaslike owerhede stel ondersoek in.

Die toneel Maandagoggend. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Werner ·

Wat is n enkelkajuit vliegtuig. Kry mens dan n dubbelkajuit.

Chris Ws ·

Dis duidelik die vlieenier het ‘n noodlanding uitgevoer aangesien daar ‘n oop ruimte is waar die vliegtuig opgeland het.Ek haal my hoed af vir hom.

MJ ·

Die aanloopbaan is net oorkant die pad.
Ek dink hy het hom dalk misgis.

vliegies ·

Hierdie ou vliegtuigies is die heel naweek van sonsopkoms tot ondergaan op en af oor ons huise. Ek vrees altyd dat dit by ons gaan gebeur. Baie irriterend.

EB ·

Die eerste sin sê twee mans is beseer maar later sê dit ‘n man en vrou is lig beseer? Hoeveel mense het nou seer gekry.

PaulV ·

Geitjie; die vraag is, was dit twee mans of ‘n man en ‘n vrou wat beseer is? Aan die begin van die berig word twee mans aangedui; het jy dit misgelees?

PaulV ·

Daar is pas oor ewn aangekondig dat dit twee mans is wat beseer is.

@PaulV ·

Dankie, mens kan sien jy het ‘n goeie begrip. Ek hoop die twee mans sal spoedig van hul beserings herstel.

wilma ·

Volgens berigte in ander koerante, blyk dit twee mans te wees – ‘n instrukteur en leerling-vlieënier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.