Ligte vliegtuig val in Midrand

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Ligte vliegtuig het Woensdagmiddag in ʼn veld in Midrand neergestort.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vliegtuig het in ʼn veld naby Republiekweg neergestort. “Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vliegtuig onderstebo in die veld aangetref en twee mans het om die vliegtuig geloop.”

Volgens Meiring is die twee mans deur paramedici ondersoek en gelukkig nie ernstig beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit lyk asof daar ‘n noodlanding gedoen is waartydens die vliegtuig bollemakiesie geslaan het met die vassteek van die neus. Nogtans ‘n wonderbaarlike ontkoming.

Dave ·

..en dit word beskryf as ‘val’ en ‘neerstort’ terwyl die waarheid ‘n heel ander storie vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.