Ligte vliegtuig val naby Wonderboom-lughawe

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

’n Ligte vliegtuig het Dinsdagmiddag in die omgewing van die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, neergestort.

Volgens nooddienspersoneel het die vliegtuig in ʼn veld naby ʼn ingang na die Onderstepoort- veeartsenykundige akademiese hospitaal neergestort.

Een persoon is glo in die ongeluk dood. Die polisie is op die toneel.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Nog een! Hoeveel ligte vliegtuie en helikopters het nie al hier geval nie? Miskien is daar ‘n “Pretoria Triangle?”

Adele

Pragtige kind. Rus sag Anika.