Ligte vliegtuig voer noodlanding uit in Plett-woonbuurt

Die vliegtuig het in ‘n Plettenbergbaaise buurt ‘n noodlanding gedoen. (Foto: Facebook)

Inwoners van ʼn woonbuurt in Plettenbergbaai het Sondagoggend verstom toegekyk hoe ʼn ligte vliegtuig ʼn noodlanding uitvoer in een van die strate.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie is om 11:52 na die Bowtierylaan-omgewing ontbied waar die vliegtuig in ʼn straat geland het.

Luidens berigte is die twee insittendes aan boord van die vliegtuig kort ná die noodlanding na ʼn hospitaal geneem.

Die twee insittendes is glo lig beseer. (Foto: Facebook)

Volgens Spies is die voorval na die Burgerlugvaartowerheid vir verdere ondersoek verwys.

Foto’s van die voorval wat op sosiale media gedeel is, wys die vliegtuig waar dit met sy neus by ʼn oprit na ʼn huis in ʼn doodloopstraat tot stilstand gekom het.

Die vliegtuig is reeds met ʼn vragmotor van die toneel verwyder en vermoedelik na ʼn vliegveld in die gebied geneem.

Die vliegtuig is met ‘n vragmotor van die toneel verwyder. (Skermgreep: Andre Snyman eblockwatch)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Dis nou die enigste ding wat my vrekbang maak is vir ‘n ligte vlietuig, of selfs ‘n helikopter deur my woonstel venster.

Cherokee ·

Dit is vir enige vlieënier ‘n absolute Nee!
Hoofpad byvoorbeeld, land lángs die hoofpad maar niè daarop! Ons was dit ingedril… vlieënier is absoluut nie veronderstel om sy eie lewe te red deur ander lewens in gevaar te stel nie! As enige iemand voor daardie vliegtuig ingeloop het, onbewus dat kyk regs, kyk links, kyk weer regs, skielik insluit ‘kyk op’, was daar hoegenaamd geen keer.

Ervare vlieëniers sien meer in ‘n insident soos betrokke. Hoogte bo beboude gebied is beperk. As hy niè terwille van ‘n (noodlanding?) kon uitwyk na onbeboude gebiede nie, het hy buitendien die lugvaartreëls oortree, deur onder maksimum hoogte te vlieg.
Waarskynlik gaan Departement Burgerlugvaart hom rook. Dan sal hy leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.