Ligte vonnis ná verkragting ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Owerhede ondersoek ʼn opgeskorte vonnis nadat ʼn man van Limpopo sy eksmeisie verkrag en probeer vermoor het, het die Sunday Times berig.

William Mtshali is in die Mokerong-landdroshof ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê nadat hy die vrou twee keer verkrag het en ʼn boete van R2 000 of 12 maande tronkstraf op aanklag van poging tot moord.

Mtshali het sy eksmeisie, ʼn sjef by die Legend Golf en Safari-oord naby Mookgophong (Naboomspruit) na ʼn afgeleë deel van die oord gelok. Hy het glo nog een keer seks geëis nadat sy bedank het.

Toe sy weier, het hy haar na die toilette by ʼn afgeleë boma geneem en haar verkrag waarna hy gedreig het om haar te vermoor. Hy het haar baie erg aangerand, en ʼn tweede keer verkrag.

Die saak het aan die lig gekom toe die vrou die arbeidshof genader het oor vermeende seksuele teistering deur haar werkgewer, ʼn verwysing na Mtshali se verkragting en aanranding.

Waarnemende regter Seun Snyman het gesê hy is “stomgeslaan” deur die vonnis en gesê die regstelsel het die vrou in die steek laat.

Die Landdroskommissie, die Nasionale Vervolgingsgesag, die departement van justisie en die departement van korrektiewe dienste sal die vonnis ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Dis SWAK!!!! Wat n klap in haar gesig om hom so n vonnis te gee……hy gaan dit beslis weer doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.