Likwidasie wink nou vir Comair

(Foto: Comair)

Comair se sakereddingspraktisyns het Donderdag ʼn hofaansoek ingedien om die sakereddingsverrigtinge eerder na likwidasieverrigtinge te verander.

Dit ten spyte van die lugdiens se beste pogings om finansiering te kry wat hom in staat sou stel om sy bedrywighede voort te sit.

Met likwidasie op Comair se voorstoep sal werknemers, asook kliënte wat hul vlugbesprekings gehou het of wag op terugbetalings, die krediteure van die lugdiens word.

Comair, wat sedert 2020 in sakeredding is, bedryf British Airways en Kulula.com in Suid-Afrika en moes onlangs al sy vlugte opskort in afwagting op nog finansiering.

“Ons het ons bes gedoen om die finansiering te verseker, maar toe ons dit nie kon doen nie, het ons geen ander opsie gehad as om die aansoek in te dien nie,” sê Richard Ferguson, een van die lugdiens se sakereddingspraktisyns.

“Dit is ʼn uiters hartseer dag vir die maatskappy, sy werknemers, sy kliënte en die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf.”

Nadat Comair destyds in sakeredding geplaas is, kon hy weer begin vlieg nadat die Comair Rescue Consortium (CRC) R500 miljoen belê het vir ʼn aandeel van 99% van die destydse ekwiteit in die maatskappy.

“Hoewel hierdie bedrag belê is, het die lugredery onvoorsiene teenkanting gekry, insluitend drie Covid-19-verwante beperkings op lugreise, die opskorting van die lugdiens se lugvaartbedryfsertifikaat, asook aansienlike hoër brandstofpryse die afgelope paar maande,” lui die lugdiens se verklaring.

“Elkeen van hierdie gebeurtenisse het ʼn wesenlike negatiewe impak op die onderneming gehad. Die CRC se belegging kon die impak van hierdie gebeure net tot op ʼn sekere punt finansier.”

Nadat die sakereddingspraktisyns se deurlopende versoeke aan die CRC vir finansiering om die balans van hierdie en ander toekomstige ekonomiese skokke te absorbeer onsuksesvol was, het die praktisyns elders begin kyk.

Toe finansiering nie verkry kon word voordat die bestaande finansiering uitgeput is nie, moes al British Airways en Kulula.com se vlugte opgeskort word.

“Comair se sakereddingspraktisyns het die proses voortgesit om bykomende finansiering van ander bronne te verkry. Hoewel verskeie partye belangstelling getoon het, was dit onmoontlik om voldoende finansiering te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PersHeks ·

Ek betaal eerder die dubbel prys en weet jy sal kan vlieg!

PersHeks ·

Het juis die naweek met hulle gevlieg…is vrek beindruk.

Verlede jaar seker so by Oktober my laaste vlug met Kulula gedoen en kan ek vir jou sê ek was vrek bang die vliegtuig foeter uit mekaar uit. Het die hele tyd na die grond gekyk om te bepaal hoe vêr ek gaan val en wat my kanse op oorlewing sou wees. Buiten die vliegtuig wat “gerattel” het, was die sitplekke vuil en diens baie sleg!! Het daar en dan belowe om nooit weer Kulula te vlieg nie al is hulle hoe goedkoop!

Marius ·

Mooi so anc. Nog ‘n vooruitstrewende bedryf bankrot en duisende mense werkloos deur jul toedoen.

JohanR ·

Jy kan die trein diens Kaapstad-Johannesburg neem……nee wag, die ANC het die spoordiens ook verwoes, en pad vervoer is besig on die selfde paatjie te volg…..jimmy crack corn and we don’t care se die ANC.

JohanR ·

En nou is Safair, SAL, Airlink en Lift eers duur……geen kompetisie.

marius ·

Was net kwessie van tyd . Daar gaan nog baie volg . Hou maar dop

JohanR ·

marius – ek glo dat Safair die enigste maatskappy is wat bedryf word op ‘n gesonde finansiële basis, en nie sal val nie. Hoop ons kom nie by ‘n situasie waar hulle die enigste maatskappy oor is want dan gaan ‘n kaartjie Kaap/Jhb R4000 kos en dis die goedkoopste. Jy kan 20 uur per motor ry maar dit gaan jou R3000-R3500 kos net vir die brandstof! Moet se Kulula se vliegtuie was nogal mooi geverf!

Nefie ·

Hartseer, Kulula was tog vir lank die leifling van die goedkoper rederye en Comair was vir jare stabiel.

Voilet ·

Dankie ANC —- jul belemmer net die hele land en jul sit net hande gevou. Ramap ek hoop jy voel goed as president!!!!!! JY is die oorsaak

Werner ·

Dit is net die begin al die staatsdiens departemente volg in hul voetspore

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.