Liliesleaf moet glo rekenskap gee van R8 miljoen

Die plaas Liliesleaf (Foto: Liliesleaf/Facebook)

Die departement van sport, kuns en kultuur ontken dat hy geen finansiële ondersteuning aan die plaas Liliesleaf gebied het nie en nou die rede vir dié erfenisterrein se sluiting is.

Die departement sê in ’n verklaring hy het Liliesleaf oor ’n tydperk van 13 jaar met sowat R70 miljoen befonds. Nog R1,8 miljoen is glo vir die 2020‑’21-boekjaar vir die trust van Liliesleaf begroot.

Die departement gee wel toe dat hy onlangs die geldkrane toegedraai het nadat die bestuur van Liliesleaf nie rekenskap kon gee van R8,1 miljoen wat geoormerk was vir opgraderingswerk by die fasiliteit nie.

Luidens die verklaring wag die departement nog op terugvoer nadat die raad van Liliesleaf hom glo daartoe verbind het om ’n forensiese ondersoek na die aangeleentheid te doen en aan die departement verslag te doen.

Die departement sê hy kan intussen nie voortgaan met die finansiering van ’n instelling “wat nie boekhou van openbare fondse wat hy van die regering ontvang nie”.

Liliesleaf het Woensdag aangekondig dat die erfenisterrein sy deure gaan toemaak weens ’n tekort aan befondsing.

Nicolas Wolfe, uitvoerende hoof van Liliesleaf, het in ’n verklaring daarop gesinspeel dat die departement die erfenisterrein in die steek gelaat het deur geen finansiële bystand te verleen nie.

Liliesleaf se raad van trustees het intussen in ’n afsonderlike verklaring gesê dié bewerings is ongegrond. “Die departement is sedert die stigting van die Liliesleaf-museum die steunpilaar van finansiële ondersteuning.”

Volgens die raad van trustees sal die finale forensiese verslag binnekort gereed wees.

Liliesleaf in Rivonia, Johannesburg, het tussen 1961 en 1963 as die ANC en Umkhonto weSizwe (MK) se “geheime wegkruipplek” gedien. Die polisie het egter in 1963 op die plaas toegeslaan en inkriminerende dokumente gevind wat tot die inhegtenisneming van verskeie ANC- en MK-leiers gelei het.

Die plaas is later tot erfenisgebied verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Dup ·

Nog moontlike bedrog en korrupsie.Lyk vir my sommiges is nie skaam om deel te wees van sulke optredes nie.Ons regering marsjeer egter voort asof hulle kaders en vriende almal wetsgehoorsame burgers is.

Cindy ·

R5.3 miljoen begroting per jaar! Dis belaglik, hoe word daar nie vrae gevra oor waar daai geld gaan nie, hoe kan daar NET R8miljoen vermis wees?

Moedeloos ·

Ek wonder self word daar nie jaarliks oudits gedoen nie?

Pieter ·

En laat ons maar sien of iemand aanspreeklik gehou gaan word na die afhandeling van die forensiese ondersoek. Ek hou glad nie my asem op nie……….

Misky ·

Ons hardverdiende geld na ‘n geskiedkundige terroriste “aantreklikheid” waar beplan en saamgesweer is om moord te pleeg. Jammer, maar maak daai kraan toe en maak die trustees se name bekend

Henning ·

Waarom word belastingbetalers se geld vir ‘n infame plek soos Lilliesleaf gebruik? Diė plek is ‘n klad op SA se geskiedenis omdat die ANC/SAKP ‘n bloedige, geweldadige rewolusie daarvandan beplan en amper uitgevoer het.
Lilliesleaf is bankrot; die ANC/SAKP is moreel bankrot.

Elinette ·

Dit is en bly steeds deel van ons geskiedenis al is dit nie iets waaroor ons blankes graag wil praat of memoriseer nie.

Nie Verbaas ·

Die normale ANC herverdeling van belastinggeld het duidelik plaasgevind. Niemand sal in elk geval aan die pen ry nie, tensy dit net nog n klein vissie is.

Carel Aaron ·

Wow R70m in 13 jaar vir ñ plek wat hoeveel besoekers per jaar kry? Klink nie of daar besoekers kom nie. Dit terwyl SuidAfrikaners vrek van die honger en oue
en kinder tehuise ernstige geld nood beleef.

Wat ñ skande ANC. Julle sorg nie vir enige vorige historiese plekke nie. Julle glo nie in bewaring nie so raak ontslae van daai nes. Julle leef lankal nie Mandela se droom uit nie.

jou gewete ·

dis waar almal die pot mis sit. Dit wat nou hier aangaan is anc beleid en droom dus ook mandela se beleid en droom. Hy het net n kalm houding ingeneem omdat as hy dit nie gedoen het die anc vernietig sou word. Mandela was n kommunis en n anc. niks minder niks meer

Wakkerslaper ·

mandela se “droom”….. Pffffttt! Seblief! Dit was die einste mandela wat geweld, moord en terreur beplan het wat in Rivionia gevang was destyds…

Wakkerslaper ·

Maak gerus toe…. geen plek wat terroriste vereer behoort as erfenis herdenk te word nie.

Grassie ·

Dit lyk vir my dit is inherent in die geaardheid van die ANC kaders om elke geldkassie wat hulle hul vingers in kan kry te plunder, al was die geld bedoel vir hul eie kultuursake soos ‘n erfenisgebied. Ek kom al meer tot die gevolgtrekking dat dit iets met hul genetiese samestelling te doen het.

ES ·

Maak hulle deure toe as gevolg van ‘n tekort aan befondsing maar hulle het miljoene gekry vanaf die regering… wat ‘n vrot, korrupte spul.

jou gewete ·

verkoop die plek en doen iets daarmee, het elk geval geen ander waarde . hool waar kriminele weggekruip het, stoot plat

Elinette ·

Lyk my die linkerhand hier weet nie wat die regterhand doen nie. Die UH sê die departement van Kuns en Kultuur het Liliesleaf nie finansieël ondersteun nie, maar die Raad van Trustees sê die teenoorgestelde?

Swerwer ·

Wie, waar en watter tipe museum is Liliesleaf en wie is die Trustees. Wonder maar net want dit is die eerste keer wat ek van die erfenisterrein hoor. Ok…….kan maar net eie afleidings maak.

Swerwer ·

In 1963 was daar al 193 aanklagtes van sabotasie teen die staat. wat uit Liliesleaf bedryf is. Die huidiges(nasate) is mooi geleer hoe om ondergrondse bedrywighede uit te voer.

Tussen 1961 en 1963 was Liliesleaf die geheime hoofkwartier en senuweesentrum van die ANC, SAKP, Umkhonto we Sizwe en die Congress Alliance.

Dan noem hul dit ‘n Suid Afrika erfenis. Genade dit sê genoeg.

Jan ·

Die lys word net langer.
Liliesleaf, Cradock 4 monument, Winnie huis Brandfort, Kouga Kultuur Sentrum, Vryheidspark, Robbeneiland – slegs ‘n paar van die ANC se brainwaves wat na “demokrasie” opgerig is en verval het.
Ons kan nie op hul vertrou om enige van ons erfenis se bewaar nie.
Moontlik was Steve reg – wie was die werklike argitekte van Apartheid?

Esme ·

Liliesleaf, die geboorteplek van die ANC… net meer en meer bedrog en so verval alles in die land. Dit is ‘n groot jammerte dat ‘n land se verlede, hede en toekoms is soveel onsekerheid gehul is.

Miskruier ·

Die einste departement het ook nog nie my dorp se biblioteek se wi-fi befonds nie. Die skoolkinders kan nie daar gaan internet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.