Lily-myn: 3 werkers ná 20 dae steeds vasgekeer

'n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting op 5 Februarie 2016 van Vantage Goldfields se Lily-myn. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Die lot van die drie werkers wat sedert 5 Februarie ondergronds by die Lily-myn in Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, is steeds onbekend.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, sou Donderdag besoek by die myn aflê, maar moes dit met ʼn dag uitstel.

Zwane het Woensdag lede van die parlement oor die Lily-mynramp toegespreek en die pogings genoem wat aangewend word om die drie werkers, Solomon Nyerende, Yvonne Mnisi en Pretty Nkambule, te red.

Zwane het bevestig boorwerk aan ʼn tweede skag het weer begin, nadat dit oor die naweek gestaak moes word omdat ʼn boormasjien gebreek het. Die tweede skag sal as ʼn ontsnappingsroete vir reddingswerkers dien.

Die reddingspoging by die myn is vir twee tot drie weke vertraag na verdere insinkings. Gesondheids- en veiligheidsregulasies verhoed reddingswerkers om ondergronds te gaan voordat die ontsnappingsroete nie voltooi is nie.

Zwane behoort teen Vrydag ʼn opdatering oor die reddingsproses te kry.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Ja mense wik maar is God wat beskik.
As God se hand nie oor die myn hou nie is alles verniet.

Fransie ·

Dis vir my so ironies – almal wat onder in die myn was, is gered, en die 3 wat in hul kantoor bo-gronds gewerk het is nog steeds daar onder. Dis vir my vreeslik erg en ek kry die 3 en hul gesinne so oneindig jammer. Hoop regtig hul sal gevind en uitgebring word. Sterkte aan die families en die reddingspanne.

Ahooy ·

Ag nee – kom by!!! Nog vasgekeer?? Na 21 dae sonder water???
Tragies!! Verskriklik!!Jammer!!
Net realisties.

Liewe lulu ·

Is daar (met alle respek gevra) hoegenaamd n kans dat die 3 nog kan lewe. 20+ dae sonder kos en water is baie baie erg. Bid vir hulle. Dit is al wat ons kan doen

Karma ·

Pynlik soos dit mag wees, dink ek daar moet besluit word om hulle maar daar te los: G-d het hulle, soos met die Oosthuizen-gesin in 1964, reeds begrawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.